Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp21 nr. 1 bl. 3-4
  • Wat mense oor gebed sê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat mense oor gebed sê
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2021
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebede wat verhoor word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Kom nader aan God deur gebed
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Help dit om te bid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Die voorreg van gebed
    Wat kan die Bybel ons leer?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2021
wp21 nr. 1 bl. 3-4
Mense in verskillende dele van die wêreld wat bid en na God kyk vir leiding.

Wat mense oor gebed sê

“Wanneer ek bid, voel ek asof God by my is, my hand vashou en my lei wanneer ek verlore voel.” – MARÍA.

“My vrou het gesterf nadat sy 13 jaar lank teen kanker geveg het. Ek onthou hoe ek elke dag tot God gebid het en gevoel het dat hy regtig na my luister terwyl ek deur hierdie moeilike tyd gaan. Ek het innerlike vrede gehad.” – RAÚL.

“Gebed is ’n pragtige geskenk van God aan die mens.” – ARNE.

Vir María, Raúl, Arne en baie ander is gebed ’n spesiale geskenk. Hulle voel dat hulle deur middel van gebed met God kan praat, vir hom dankie kan sê en vir sy hulp kan vra. Hulle glo met hulle hele hart die Bybel se versekering oor gebed tot God: “Ons het die vertroue dat hy ons hoor, ongeag wat ons volgens sy wil vra.” – 1 Johannes 5:14.

Maar daar is ook mense wat dit moeilik vind om te aanvaar wat die Bybel oor gebed sê. Steve vertel hoe hy oor gebed gevoel het: “Toe ek 17 geword het, is drie van my vriende in twee verskillende ongelukke dood. Die een het in ’n karongeluk gesterf, en die ander twee het in die see verdrink.” Wat het Steve gedoen? “Ek het gebid tot God vir antwoorde oor hoekom dit alles gebeur het. Maar ek het geen antwoord gekry nie. Toe wonder ek: ‘Hoekom moet ek bid?’” Wanneer dit lyk asof mense se gebede nie beantwoord word nie, wonder hulle hoekom hulle moet aanhou bid.

Mense bevraagteken ook die waarde van gebed vir ander redes. Party sê dat God alles weet, en daarom is hy alreeds bewus van wat ons nodig het en wat ons probleme is. So nou wonder hulle wat die punt is om hom hiervan te vertel.

Ander glo dat God weier om na hulle gebede te luister omdat hulle foute in die verlede gemaak het. Jenny sê: “My grootste probleem is dat ek so waardeloos voel. Ek het dinge gedoen waaroor ek spyt is, so ek oortuig myself dat ek nie verdien om deur God gehoor te word nie.”

’n Vrou in ’n kerk wat op kyk terwyl sy bid en ander wat hulle koppe buig terwyl hulle bid.

Hoe voel jy oor gebed? As jy al ooit soortgelyke bekommernisse of twyfelgedagtes oor gebed gehad het, kan die feit dat die Bybel bevredigende antwoorde gee, jou vertroos. Ons kan vertrou wat die Bybel oor gebed sê.a Dit kan jou help om antwoorde te kry op vrae soos:

  • Hoor God regtig ons gebede?

  • Hoekom word party gebede nie beantwoord nie?

  • Hoe kan jy bid sodat jou gebede gehoor word?

  • Hoe kan gebed jou help?

a Die Bybel bevat die gebede van baie van God se knegte, insluitende Jesus Christus s’n. Die Hebreeuse Geskrifte, wat oor die algemeen bekend staan as die Ou Testament, bevat meer as 150 gebede.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel