Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp22 nr. 1 bl. 4-5
  • Hoekom is daar ’n siklus van haat?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoekom is daar ’n siklus van haat?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is haat?
  • HOEKOM MENSE BEGIN HAAT
  • HOE DIT VERSPREI
  • DIE BYBEL WYS WAAR HAAT VANDAAN KOM
  • Ons kan haat oorkom!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
  • Wanneer haat vir ewig weggeneem sal word!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
  • Waarom soveel haat?
    Ontwaak!—1997
  • Hoekom is daar soveel haat? – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
wp22 nr. 1 bl. 4-5

Hoekom is daar ’n siklus van haat?

Hoekom is daar so ’n wrede siklus van haat in die wêreld? Om uit te vind wat die rede is, moet ons eers verstaan wat haat is, hoekom mense begin haat en hoe dit versprei.

Wat is haat?

Dit is wanneer iemand glad nie van ’n ander persoon of groep mense hou nie of hulle as vyande beskou. Dit is meer as om net vir ’n kort tydjie kwaad te wees vir iemand.

HOEKOM MENSE BEGIN HAAT

Daar is baie redes hoekom mense begin haat. Mense haat dikwels ander, nie noodwendig as gevolg van wat hulle doen nie, maar as gevolg van wie daardie mense is. Hulle haat daardie mense omdat hulle dink dat alle mense in daardie groep sleg of gevaarlik is of nie kan verander nie. Daardie mense word beskou as minder belangrik, as ’n bedreiging of as die oorsaak van probleme. Mense wat ander haat, het dalk self geweld en diskriminasie ondervind, of iets het met hulle gebeur wat veroorsaak het dat hulle gevoelens van haat ontwikkel het.

HOE DIT VERSPREI

’n Persoon kan ander haat al het hy hulle nog nooit eers ontmoet nie. Byvoorbeeld, mense voel baie keer dieselfde as wat hulle vriende of familie oor ’n groep mense voel. Op hierdie manier kan haat maklik versprei en veroorsaak dat baie mense dieselfde beskouing van ’n groep mense kan hê.

Wanneer ons verstaan hoe maklik haat versprei, kan ons verstaan hoekom so baie mense ander haat. Maar om die siklus van haat in die wêreld te breek, moet ons uitvind waar haat vandaan kom. Die Bybel wys wat die antwoord is.

DIE BYBEL WYS WAAR HAAT VANDAAN KOM

’n Diagram met twee pyltjies wat na mekaar draai met ’n lys van dinge wat bydra tot die siklus van haat. 1. Verkeerde inligting, insluitende groepsdruk, sosiale media en die nuus. 2. Geen kennis van ander se kultuur, ras of godsdiens nie. 3. Bang vir veranderinge, verlies of die onbekende. 4. Haat veroorsaak vooroordeel, diskriminasie en geweld.

HAAT HET NIE BY MENSE BEGIN NIE. Dit het begin toe ’n engel in die hemel, wat later Satan die Duiwel genoem is, teen God in opstand gekom het. Die Duiwel “was ’n moordenaar van die begin af,” toe hy in opstand gekom het. As “’n leuenaar en die vader van die leuen” hou hy aan om haat en aggressiewe gedrag te veroorsaak (Johannes 8:44; 1 Johannes 3:11, 12). Die Bybel beskryf hom as wreed, kwaad en aggressief. – Job 2:7; Openbaring 12:9, 12, 17.

DIT IS MAKLIK VIR ONVOLMAAKTE MENSE OM TE HAAT. Die eerste man, Adam, het Satan se sondige weg gevolg. As gevolg hiervan het alle mense sonde en onvolmaaktheid oorgeërf (Romeine 5:12). Adam se eerste seun, Kain, het sy eie broer Abel vermoor omdat hy hom gehaat het (1 Johannes 3:12). Dit is waar dat baie mense liefde en meegevoel vir ander het. Maar as gevolg van sonde wat ons oorgeërf het, is baie mense geneig om selfsugtig, afgunstig en trots te wees – eienskappe wat haat bevorder. – 2 Timoteus 3:1-5.

HAAT FLOREER AS DAAR ONVERDRAAGSAAMHEID IS. Die wêreld waarin ons lewe, veroorsaak meer haat deur genadelose en skadelike gesindhede en gedrag te bevorder. Gedrag soos om onverdraagsaam te wees, om te diskrimineer, om ander te beledig, om ander te boelie en hulle besittings te beskadig, raak al hoe meer omdat “die hele wêreld . . . in die mag van [Satan] die Duiwel” is. – 1 Johannes 5:19.

Maar die Bybel wys nie net vir ons waar haat begin het nie. Dit gee ook die oplossing.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel