Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w25 November bl. 28-29
  • Bewaar “die eenheid van die gees”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bewaar “die eenheid van die gees”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “PROBEER HARD” OM DIE EENHEID TE BEWAAR
  • “Een Jehovah” bring sy gesin byeen
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Christelike eenheid verheerlik God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Handhaaf eenheid in hierdie laaste dae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Bewaar ons Christelike eenheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
w25 November bl. 28-29
’n Groep broers en susters geniet ’n maaltyd saam in iemand se huis.

Bewaar “die eenheid van die gees”

DIE apostel Paulus het Christene in Efese aangemoedig om aan te hou om “mekaar in liefde [te] verdra”. Hy het ook vir hulle gesê: “Probeer hard om die eenheid van die gees in die verenigende band van vrede te bewaar.” – Ef. 4:​2, 3.

“Die eenheid” wat ons geniet, is “van die gees”. Dit beteken dat dit ’n produk van God se werkende krag is. Maar soos Paulus gesê het, moet ons eenheid bewaar word. Deur wie? Wel, elke Christen moet sy of haar deel doen “om die eenheid van die gees . . . te bewaar”.

Om te illustreer, sê nou iemand het vir jou ’n nuwe kar gegee. Wie sou verantwoordelik wees om dit in ’n goeie toestand te hou? Die antwoord is duidelik. Jy kan nie die persoon wat die kar vir jou gegee het, blameer as dit breek omdat jy nie daarna gekyk het nie.

Net so, al is ons Christelike eenheid ’n geskenk van God, is ons elkeen verantwoordelik om dit te bewaar. As ons nie ’n vreedsame verhouding met ’n broer of ’n suster het nie, moet ons ons afvra: ‘Doen ek my deel om die eenheid van die gees te bewaar deur die saak op te los?’

“PROBEER HARD” OM DIE EENHEID TE BEWAAR

Soos Paulus gesê het, moet ons dalk soms hard werk om die eenheid van die gees te bewaar. Dit kan veral die geval wees as ’n broer of ’n suster ons aanstoot gegee het. Moet jy altyd met die persoon oor die probleem gaan praat om die eenheid te bewaar? Nie noodwendig nie. Vra jou af: ‘As ek dit doen, sal dit die probleem beter of erger maak?’ Soms is dit wys om dit net oor te sien of om die persoon te vergewe. – Spr. 19:11; Mark. 11:25.

Collage: ’n Broer kies om ’n oortreding oor te sien. 1. ’n Ander broer skree op hom. 2. Hy dink oor wat die ander broer so pas gedoen het. 3. Hy lees die Bybel en dink daaroor na.

Vra jou af: ‘As ek dit doen, sal dit die probleem beter of erger maak?’

Soos die apostel Paulus geskryf het, laat ons aanhou om “mekaar in liefde [te] verdra” (Ef. 4:2). Een naslaanwerk sê dat hierdie frase “ontvang hulle soos hulle is” kan beteken. Dit beteken dat ons aanvaar dat ons medegelowiges sondig, net soos ons. Ons probeer natuurlik om “die nuwe persoonlikheid” aan te trek (Ef. 4:​23, 24). Maar nie een van ons kan dit volmaak doen nie (Rom. 3:23). As ons daardie feit aanvaar, sal dit vir ons makliker wees om mekaar te verdra, om mekaar te vergewe en om sodoende “die eenheid van die gees . . . te bewaar”.

Ons sal “die verenigende band van vrede” in die gemeente hê as ons die dinge wat ander doen wat ons aanstoot gee, vergewe en vergeet. Die Griekse woord wat vertaal word met “verenigende band” in Efesiërs 4:3 word weergegee as “ligamente” in Kolossense 2:19. Ligamente is sterk bande van weefsel wat een been met ’n ander verbind. Op ’n soortgelyke manier help vrede sowel as liefde vir ons broers ons om na aan hulle te bly ten spyte van enige verskille wat ons met hulle het.

So wanneer ’n medegelowige jou aanstoot gee, ontstel of irriteer, probeer om daardie persoon op ’n liefdevolle manier te beskou eerder as op ’n kritiese manier (Kol. 3:12). Omdat alle mense onvolmaak is, het jy ook heel moontlik iemand op een of ander stadium aanstoot gegee. As jy dit in gedagte hou, sal dit jou help “om die eenheid van die gees . . . te bewaar”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel