Die bedrywighede van Jehovah se Getuies in hedendaagse tye
Uganda
Ugandese wat na die waarheid gehonger het, het die gewelddadigste tye in hierdie land se geskiedenis deurgemaak. Vind uit hoe hulle dit reggekry het om openlik vergaderinge te hou, selfs toe hulle onder ’n verbod was. Leer wat Obwakabaka bwa Katonda beteken en hoe dit jou met hierdie getroue broers en susters verenig.
Albanië
Hoe het ware aanbidding behoue gebly toe alle godsdiensbedrywighede stopgesit is? Sou ons broers vasstaan ten spyte van ure van wrede marteling? Watter raad het ’n sterwende handhawer van onkreukbaarheid gegee aan jong broers wat tronkstraf in die gesig gestaar het? Vind die antwoorde in hierdie geloofversterkende verslag van lojaliteit en onkreukbaarheid.
Belize
Nederige en hardwerkende knegte van Jehovah het teokratiese baanbrekerswerk in hierdie kulturele smeltkroes gedoen. Vind uit wat op “die Slagveld” gebeur het, en sien hoe Jehovah se Getuies op die orkaan Hattie se verwoesting gereageer het. Lees van ’n predikingstog op see al langs die idilliese Barrière-rif van Belize.