Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb15 bl. 38-41
  • Nuus van regoor die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuus van regoor die wêreld
  • 2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulle versprei wat hulle aflaai
  • Die Koninkryksaal was belangriker as ’n selfoon
  • Die Griekse Geskrifte in Tetum
  • ‘Jehovah ag my waardig’
  • ’n Verandering van toesig
  • Die pioniers in Japan
  • Nuwe Wêreld-vertaling in meer tale
    2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Glanspunte van die afgelope jaar
    2009 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Hulpmiddele vir die predikingswerk​—Die vervaardiging van lektuur vir die wêreldveld
    God se Koninkryk regeer!
  • ’n Bybel wat gemaak is om te hou
    2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
Sien nog
2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb15 bl. 38-41
Prent op bladsy 38

GLANSPUNTE VAN DIE AFGELOPE JAAR

Nuus van regoor die wêreld

Hulle versprei wat hulle aflaai

Hoewel min mense in Kuba toegang tot die Internet het, is dit nou moontlik om op die Internet te gaan by winkels wat ’n telefoonmaatskappy geopen het. Maar dit is baie duur. Sodat broers by jw.org kan baat vind, het die takkantoor gemeentes dus aangespoor om te reël dat ’n verkondiger publikasies, opnames en video’s van die webwerf aflaai en dit dan onder ander Getuies in plaaslike gemeentes versprei. Hierdie reëling werk goed.

Die Koninkryksaal was belangriker as ’n selfoon

Teona, wat tien is, en haar agtjarige suster, Tamoena, woon in die Republiek van Georgië. Die meisies wou graag ’n selfoon hê. Om hulle een te help koop, het hulle ouma belowe om hulle elke maand ’n deel van haar pensioen te gee. Ongelukkig is hulle ouma skielik oorlede. Nietemin het die familie haar laaste pensioengeld vir die meisies gegee sodat hulle die selfoon kon koop wat hulle wou hê. Nadat die meisies daaroor nagedink het, het hulle aan hulle gemeente geskryf: “Ons weet dat die bou van ons nuwe Koninkryksaal oor twee weke in ons dorpie T’erjola sal begin. Ons ouma wou baie graag met hierdie werk help. Ons albei het dus besluit om ons ouma se laaste pensioen vir die gemeente te gee in plaas daarvan om vir ons ’n selfoon te koop. Bou asseblief vir ons ’n mooi Koninkryksaal!”

Die Griekse Geskrifte in Tetum

Op 17 Januarie 2014 was Geoffrey Jackson van die Bestuursliggaam in Dili, Timor-Leste, om die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte in Tetum vry te stel. Dit is die taal wat deur die meeste mense in die land gepraat word. Voorheen is die enigste weergawe van die Griekse Geskrifte in Tetum deur die Katolieke Kerk gedruk en versprei. Hulle het geweier om dit te verkoop aan Jehovah se Getuies of mense wat hulle vermoed het met die Getuies studeer. Maar die Katolieke vertaling was glad nie akkuraat nie en het baie weglatings, verouderde woorde en drukfoute bevat. In teenstelling hiermee het Darren, ’n sendeling in Timor-Leste, aangaande die Nuwe Wêreld-vertaling gesê: “Baie Timorese wat die Nuwe Wêreld-vertaling lees, is beïndruk met die akkuraatheid daarvan, en hulle vra onmiddellik vir ’n eksemplaar. Hulle vind dit maklik om te lees, en hulle waardeer die groot teks, veral omdat baie huise slegte beligting het. Baie wat ’n eksemplaar gekry het, bestudeer nou die Bybel.”

‘Jehovah ag my waardig’

Prent op bladsy 40

Masedonië: Die goeie nuus word verkondig met behulp van publikasies in Romani

In Januarie 2014 het die vertaalwerk in Romani, wat in Masedonië gepraat word, ’n mylpaal bereik. ’n Permanente vertaalspan is gevorm, en goedkeuring is gegee om publikasies in hierdie taal te vervaardig, nie net in Romeinse skrif nie, maar ook in Cyrilliese skrif. Dit is ’n groot hulp vir die Romanisprekende mense, wat meer vertroud is met Cyrillies, die amptelike skrif in Masedonië.

Baie van hulle word diep geraak deur die feit dat Jehovah se organisasie lektuur in hulle taal voorsien. ’n Suster het gesê: “As iemand wat Romani praat, voel ek dikwels dat mense van ander rasse op my neerkyk, en daarom is ek baie dankbaar teenoor Jehovah omdat hy my waardig ag om lektuur in my eie taal te ontvang. Dit laat my selfs nader aan hom kom.”

‘Ek is baie dankbaar teenoor Jehovah omdat hy my waardig ag om lektuur in my eie taal te ontvang’

’n Verandering van toesig

Vanaf 1 Februarie 2014 het die takkantoor in die Verenigde State begin toesig hou oor die gebied en gemeentes in Jamaika en die Kaaimanseilande. Watter eenheid is daar tog onder die meer as 1,2 miljoen verkondigers in die Verenigde State se takgebied! Dit sluit die 50 Amerikaanse state in, sowel as die Bahamas, Bermuda, die Britse en Amerikaanse Maagde-eilande, Puerto Rico en die Turks- en Caicos-eilande.

Die pioniers in Japan

Die broers en susters in Japan behou ’n ywerige pioniergees, en die hoeveelheid gewone pioniers op hierdie eiland is die vierde grootste in die wêreld. Aan die begin van die 2014-diensjaar het 2 646 verkondigers pioniers geword. Gevolglik was daar toe 65 668 pioniers. Gedurende Maart 2014 het meer as die helfte van al die verkondigers aan die een of ander vorm van die pionierdiens deelgeneem.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel