Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb15 bl. 19-23
  • ’n Bybel wat gemaak is om te hou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Bybel wat gemaak is om te hou
  • 2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Omslae wat omkrul
  • Nuwe Wêreld-vertaling in meer tale
    2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2014
  • ’n Bewys van liefde, geloof en gehoorsaamheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Hoe die belangrikste boek gemaak word
    Hoe jou donasies gebruik word
Sien nog
2015 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb15 bl. 19-23
Prent op bladsy 19

GLANSPUNTE VAN DIE AFGELOPE JAAR

’n Bybel wat gemaak is om te hou

VIR Jehovah se Getuies is die Bybel kosbaarder as enige ander publikasie. Ons bestudeer dit gereeld en gebruik dit om ander omtrent die goeie nuus van God se Koninkryk te leer (Matt. 24:14). Daarom het ons broers groot moeite gedoen om te verseker dat die materiaal wat gebruik word vir die 2013-uitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in Engels, mooi sowel as duursaam is.

Toe broers by ons drukkery in Wallkill, New York, VSA, met die hoofbestuurder van ’n maatskappy wat boeke bind, oor die voorlopige ontwerp van die nuwe Bybel gepraat het, het hy gesê: “Die Bybel wat julle wil hê, bestaan nie.” Hy het bygevoeg: “Ongelukkig word die meeste Bybels ontwerp om mooi te lyk op ’n koffietafel of ’n boekrak—nie om duursaam te wees nie.”

Party vroeëre weergawes van die Nuwe Wêreld-vertaling het nie baie lank gehou nie. Daarom het broers by ons drukkery in Wallkill omslagmateriaal, gom en bindmetodes noukeurig ondersoek sodat hulle ’n Bybel kon vervaardig wat in ’n verskeidenheid klimate sou hou, al word dit baie gebruik. Op grond van hulle bevindings het hulle proefeksemplare van die Bybel gemaak en dit laat toets deur Getuies in verskillende lande met uiterste klimaatstoestande.

Ná ses maande is die Bybels teruggestuur, en die broers het verbeteringe aangebring en nog proefeksemplare uitgestuur. Altesaam 1 690 Bybels is getoets. ’n Paar daarvan is per ongeluk rof behandel. Byvoorbeeld, ’n motor het oor een Bybel gery, ’n ander een is oornag buite in die reën gelaat en nog een is beskadig deur die vloedwaters van ’n orkaan.

In 2011, terwyl die toetse plaasgevind het, is nuwe hoëspoedbindery-toerusting vir ons drukkerye in Wallkill en in Ebina, Japan, gekoop. Daar moes nie net genoeg Bybels gedruk word vir die vrystelling daarvan nie, maar die Bybels wat by die twee drukkerye gedruk word, moes ook identies lyk.

Omslae wat omkrul

Prent op bladsy 21

Aanvanklik het die omslae omgekrul

Vroeg in 2012 het die twee drukkerye die 1984-uitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling vervaardig en die nuwe omslagmateriaal gebruik. Maar die nuwe binderye het gom en voeringmateriaal in die omslag gebruik wat nog nie getoets is nie, en die omslae het baie omgekrul. Die vervaardiging is dus stopgesit.

Die vervaardigers van een van die materiale het erken dat dit ’n algemene probleem is vir maatskappye wat boeke bind, en daarom het hulle gevoel dat dit nie opgelos kan word nie. Maar eerder as om ’n harde omslag te begin gebruik, was die broers vasbeslote om ’n Bybel met ’n sagte, duursame en mooi omslag te vervaardig. Nadat hulle byna vier maande lank baie kombinasies van gom en voeringmateriaal getoets het, het hulle ’n kombinasie gevind wat die drukkery toe in staat gestel het om Bybels te vervaardig met sagte omslae wat nie sou omkrul nie.

Prent op bladsy 22

Die bindery by die drukkery in Wallkill

Die hersiene uitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling in Engels sou op 5 Oktober 2013 vrygestel word by die jaarvergadering van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië. Die drukkerye het die elektroniese lêers van die gefinaliseerde teks op Vrydag 9 Augustus 2013 ontvang en het die volgende dag met die drukwerk begin. Die eerste Bybel is op 15 Augustus voltooi. Oor die daaropvolgende sewe weke het die drukkerye by Wallkill en Ebina dag en nag gewerk om meer as 1 600 000 Bybels te vervaardig en te versend, genoeg sodat elke persoon by die jaarvergadering ’n eksemplaar kon ontvang.

Hoewel hierdie Bybel mooi en duursaam is, het sy lewegewende boodskap selfs groter aantrekkingskrag. Die dag nadat ’n suster in die Verenigde State haar nuwe Bybel ontvang het, het sy geskryf: “Noudat ons die nuwe uitgawe het, kan ek die Bybel beter verstaan.”

Bybelvertaling

Teen 31 Augustus 2014 is die Nuwe Wêreld-vertaling in sy geheel of gedeeltelik in 124 tale vertaal. Die volgende uitgawes is gedurende die 2014-diensjaar vrygestel.

WANNEER VRYGESTEL

WAAR VRYGESTEL

TAAL

UITGAWE

6 September 2013

Suid-Afrika

Swati

Griekse Geskrifte

20 September 2013

Paraguay

Guarani

Griekse Geskrifte

17 Januarie 2014

Timor-Leste

Tetum

Griekse Geskrifte

5 Julie 2014

Die Oekraïne

Oekraïens

Volledige Bybel

8 Augustus 2014

Estland

Esties

Volledige Bybel

22 Augustus 2014

Brittanje

Persies

Griekse Geskrifte

22 Augustus 2014

Zambië

Chitonga

Volledige Bybel

22 Augustus 2014

Zambië

Kikaonde

Volledige Bybel

29 Augustus 2014

Kenia

Luo

Griekse Geskrifte

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel