Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwex artikel 30
  • Hulle het haar briewe waardeer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het haar briewe waardeer
  • Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • God het haar trane afgevee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Wat as ek nie van skool hou nie?
    Jongmense vra
  • Sy was verbaas oor die resultate
    Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Hulle het aanhou preek gedurende die pandemie
    Ondervindinge van Jehovah se Getuies
Sien nog
Ondervindinge van Jehovah se Getuies
ijwex artikel 30
’n Man staan by sy posbus met ’n handgeskrewe brief wat hy gekry het.

Hulle het haar briewe waardeer

Brooke is een van Jehovah se Getuies wat in die Verenigde State woon. Gedurende die COVID-19-pandemie het sy gepreek deur briewe te skryf. Om die waarheid te sê, Brooke het elke week baie briewe geskryf. Maar, ná ’n jaar en ’n half, het sy mismoedig gevoel. Tot op daardie stadium het net een persoon teruggeskryf – en hy het vir haar gesê om nooit weer vir hom te skryf nie. Brooke het getwyfel dat haar briewe enige iemand help.

Maar later het Kim, ’n mede-Getuie wat in ’n bank werk, Brooke vertel van ’n gesprek wat sy met ’n kliënt gehad het. Die kliënt het Kim vertel van ’n handgeskrewe brief wat hy van een van Jehovah se Getuies gekry het. Later het Kim agtergekom dat dit een van Brooke se briewe was! Die volgende week het die kliënt weer na die bank toe gekom. Terwyl hy met Kim gepraat het, het hy haar gevra of hy een van ons gemeentelike vergaderinge kan bywoon, wat op daardie stadium deur middel van videoverbinding gehou was.

’n Kort rukkie daarna het David, nog ’n Getuie, Brooke vertel van een van sy kollegas wat een van haar briewe gekry het. Hierdie kollega was baie beïndruk dat die brief met die hand geskryf was. Hy het gesê: “Meer mense moet hierdie tipe persoonlike belangstelling in ander toon.” David het die geleentheid gebruik om ’n verdere getuienis te gee en aangebied om vir sy kollega publikasies te bring, wat die man met dankbaarheid aanvaar het.

Jehovah se Getuies besef dat hulle nie altyd bewus is wanneer ’n saadjie begin groei wat hulle in hulle bediening geplant het nie (Prediker 11:5, 6). Maar Brooke se ondervindinge het haar gehelp om goed te voel oor wat sy in die Christelike bediening doen. – 1 Korintiërs 3:6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel