Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 7
  • Wat as ek nie van skool hou nie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat as ek nie van skool hou nie?
  • Jongmense vra
  • Soortgelyke materiaal
  • Moet ek skool verlaat?
    Ontwaak!—2010
  • Waarom moet ek hard leer op skool?
    Ontwaak!—1992
  • Moet ek skool verlaat?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Hoe om suksesvol te wees op skool
    Ontwaak!—2012
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 7
’n Tienerseun wat mismoedig is, staan voor ’n ry sluitkaste in ’n gang by die skool.

JONGMENSE VRA

Wat as ek nie van skool hou nie?

Onderwysers wat streng is. Groepsdruk. Stresvolle eksamens en tonne huiswerk. Dit is verstaanbaar as jy sê dat jy nie van skool hou nie.a ’n Tiener met die naam Rachelb sê:

“Ek sal liewer by enige ander plek wil wees as by die skool. Ek sal eerder op die strand of saam met my vriende wil wees of selfs my ouers help om te kook of skoon te maak!”

As jy net soos Rachel voel, kan jou skooljare soos ’n tronkstraf voel en dat jy eers vrygelaat word wanneer jy met skool klaarmaak. Is daar ’n beter manier om die tyd wat jy by die skool spandeer, te sien?

Het jy geweet? Wanneer jy leer om ’n beter beskouing van skool te hê, neem jy beheer van die situasie. En jy hou op om skool as iets te sien wat jy moet verduur. In ’n sekere sin is skool iets goeds wat jou sal help om die vaardighede wat jy as ’n volwassene nodig sal hê, te ontwikkel en te verbeter.

Om ’n beter beskouing van skool te hê, probeer om op die volgende te fokus:

’n Prentjie van ’n notaboek en potlood.

Jou opvoeding. Hoe meer jy leer, hoe beter sal jy in staat wees om probleme in die toekoms by die werk en ander gebiede van die lewe op te los. Jy hoef dan ook nie altyd op ander staat te maak nie. Vra jou af: ‘Watter praktiese dinge kan ek by die skool leer wat my kan help, selfs al is daar dinge waarvan ek nie hou nie?’

Bybelwaarheid: “Bewaar praktiese wysheid en denkvermoë.” – Spreuke 3:21.

Vir meer inligting, sien die artikel “Wat as my punte swak is op skool?”

’n Prentjie van ’n lysie.

Jou gewoontes. Die goeie gewoontes wat jy op skool leer, kan jou help om jou tyd goed te gebruik, om selfdissipline te hê en om ’n harde werker te wees – eienskappe wat jy as ’n volwassene nodig sal kry. Vra jou af: ‘Op watter maniere sal die roetine wat ek by die skool leer, my help om selfgedissiplineerd en ’n harde werker te wees? Hoe kan ek hierop verbeter?’

Bybelwaarheid: “Elke soort harde werk hou voordele in.” – Spreuke 14:23.

Vir meer inligting, sien die artikel “Hoe kan ek my tyd goed gebruik?”

’n Prentjie van twee mense wat met mekaar gesels.

Jou verhouding met ander. Om tyd saam met jou klasmaats by die skool te spandeer, kan jou help om meer empatie en respek vir ander te hê. ’n Jong man met die naam Joshua sê: “Om te leer hoe om met mense te kommunikeer, is net so belangrik soos om geskiedenis en wetenskap te leer. Dit is ’n vaardigheid wat jy regdeur jou lewe sal gebruik.” Vra jou af: ‘Watter lesse het ek by die skool geleer oor hoe om met ander oor die weg te kom – selfs dié wie se agtergrond van myne verskil of wat nie glo soos ek glo nie?’

Bybelwaarheid: “Probeer hard om in vrede met alle mense te lewe.” – Hebreërs 12:14.

Vir meer inligting, sien die artikel “Hoe kan ek beter daarin word om met ander te praat?”

’n Prentjie van iemand wat op ’n pad stap.

Jou toekoms. Skool kan jou help om uit te vind waarin jy goed is en om dan doelwitte te stel. ’n Jong vrou met die naam Brooke sê: “Soos ek, kan jy dalk opleiding op ’n spesifieke gebied kry wat jou kan help om ’n werk te kry wanneer jy skool verlaat.” Vra jou af: ‘Hoe sal ek vir myself sorg nadat ek met skool klaargemaak het? Hoe kan ek seker maak dat dit wat ek leer, nodig is vir daardie tipe werk?’

Bybelwaarheid: “Dink goed na oor die pad wat jy wil volg.” – Spreuke 4:26, vtn.

a Baie van die beginsels wat in hierdie artikel bespreek is, kan ook jongmense help wat tuisonderrigting doen.

b Party name is verander.

Wat ander jongmense sê

  • Madison.

    “In groepprojekte moes ek met verskillende soorte mense werk. Deur dit te doen, het ek geleer om te luister na ander mense wie se agtergrond en lewenswyse van myne verskil. Die meeste van my klasmaats was vriendelik en het my met respek behandel. Hulle het dit gedoen omdat hulle geweet het dat ek ook vriendelik was en dat ek hulle nie gekritiseer het nie.” – Madison.

  • Ryan.

    “Ek het geleer om op ’n positiewe manier na my klasmaats te kyk. Baie van hulle het probeer om goeie mense te wees. So ek het na maniere gesoek om iets aanmoedigends met hulle uit die Bybel te deel.” – Ryan.

  • Brooke.

    “Skool help jou om jou verhouding met ander te verbeter. Jy is heeldag saam met jou klasmaats. So jy leer wat om te sê en wat om nie te sê nie, hoe om geduldig te wees en hoe om met ander te deel. In lewensoriëntering speel jy sport as ’n groep, en dit leer jou om as ’n span saam te werk – iets wat jy nie op jou eie kan leer nie.” – Brooke.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel