Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 86
  • Verwoestende oorstromings – Wat sê die Bybel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verwoestende oorstromings – Wat sê die Bybel?
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Teken van “die laaste dae”
  • ’n Rede vir hoop
  • 2023: ’n Jaar vol angstigheid – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Die somer van 2023 se wêreldwye hittegolf – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Wie sal die onskuldige mense red? – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Redes hoekom ons hoop kan hê in 2023 – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 86
’n Vrou en kind staan op ’n pad wat oorstroom is.

Photo by Zhai Yujia/China News Service/VCG via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Verwoestende oorstromings – Wat sê die Bybel?

Wêreldwyd word baie mense deur verwoestende oorstromings geraak. Let op wat die volgende verslae sê:

  • Oor die afgelope paar dae het die hoofstad van China die swaarste reënval in ten minste 140 jaar gehad. Tussen Saterdag en Woensdag het 744,8 millimeter reën geval. – AP News, 2 Augustus 2023.

  • Donderdag was die tweede dag dat tifoon Khanun swaar reën en baie sterk wind in die suide van Japan veroorsaak het. As gevolg hiervan het ten minste twee mense gesterf. Daar word verwag dat die storm altesaam tot 0,6 meter reënval sal veroorsaak in die bergagtige sentrale deel van Taiwan. – Deutsche Welle, 3 Augustus 2023.

  • “Die oorstroming oor die naweek [in Nieu-Skotland] is veroorsaak deur die swaarste stortreën wat die streek van Kanada aan die Atlantiese kus in 50 jaar getref het.” – BBC News, 24 Julie 2023.

Wat sê die Bybel oor sulke gebeure?

’n Teken van “die laaste dae”

Die Bybel wys dat ons in ’n tydperk lewe wat “die laaste dae” genoem word (2 Timoteus 3:1). Jesus het voorspel dat ons gedurende ons dag “skrikwekkende dinge”, of gebeure, sou sien (Lukas 21:11). Klimaatsverandering dra by tot skrikwekkende weerstoestande wat meer onvoorspelbaar, meer gereeld en meer intens is.

’n Rede vir hoop

Die Bybel sê vir ons dat die verskriklike dinge wat vandag op die aarde gebeur, ons eintlik ’n rede gee om hoop te hê. Hoekom? Jesus het gesê: “Wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, [weet ook] dat die Koninkryk van God naby is.” – Lukas 21:31; Matteus 24:3.

Die dinge wat ons sien gebeur, wys dat God se Koninkryk binnekort heeltemal beheer sal hê oor die aarde se natuurkragte, insluitende die waterkringloop. – Job 36:27, 28; Psalm 107:29.

Om meer uit te vind oor hoe God se Koninkryk die aarde se omgewing sal herstel, sien die artikel “Wie sal die aarde red?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel