Kim Steele/The Image Bank via Getty Images
Ekonomiese probleme – Wat God se Koninkryk sal doen
Vir baie mense regoor die wêreld is dit moeilik om die pot aan die kook te hou, en dit raak net al hoe moeiliker.
Volgens ’n onlangse wêreldwye verslaga kan mense al hoe minder koop met die geld wat hulle verdien. Dit waarsku dat as daar niks gedoen word nie, daar “’n toename in ongelykheid” sal wees, en ’n afname in “die lewenstandaard van baie werkers en hulle gesinne”.
Sal regerings hierdie moeilike ekonomiese situasie kan oplos of selfs net verbeter?
Die Bybel verduidelik dat daar ’n regering is wat alle ekonomiese probleme kan en sal oplos, insluitende ongelykheid. Dit sê dat “die God van die hemel ’n koninkryk [sal] oprig”, dit wil sê een regering wat alles wat op die aarde gebeur, sal beheer (Daniël 2:44). Onder hierdie wêreldregering sal daar van niemand vergeet word nie en sal niemand in die steek gelaat word nie (Psalm 9:18). Almal wat onder God se Koninkryk lewe, sal alles hê wat nodig is om gelukkig te wees. Almal sal die resultate van hulle harde werk kan geniet. – Jesaja 65:21, 22.
a Internasionale Arbeidsorganisasie se Wêreldwye Inkomsteverslag vir 2022-23