Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 121
  • Wie kan jy vertrou? – Wat sê die Bybel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie kan jy vertrou? – Wat sê die Bybel?
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Iemand wat jy kan vertrou
  • Vertroue is noodsaaklik vir ’n gelukkige lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Mense verloor vertroue in politieke leiers – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Jesus sal ’n einde aan armoede maak
    Nog onderwerpe
  • Jy kan jou broers vertrou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 121
Collage: Mense wat dikwels as betroubaar beskou word: 1. ’n Politikus wat voor ’n mikrofoon staan. 2. ’n Priester wie se hande gevou is. 3. ’n Wetenskaplike wat ’n knyperbord vashou.

Links: Olena Yefremkina/stock.adobe.com; middel: lunamarina/stock.adobe.com; regs: Rido/stock.adobe.com

HOU AAN WAAK!

Wie kan jy vertrou? – Wat sê die Bybel?

Mense is teleurgesteld wanneer dié wat veronderstel is om betroubaar te wees, hulle in die steek laat. Baie mense het hulle vertroue verloor in . . .

  • politieke leiers wat hulle eie belange bo die behoeftes van die mense wat hulle verteenwoordig, stel.

  • nuusbronne wat nie die nuus op ’n regverdige en akkurate manier oordra nie.

  • wetenskaplikes wat nie in die beste belang van die publiek optree nie.

  • godsdiensleiers wat heeltemal betrokke is by die ondersteuning van die politiek eerder as om God te verteenwoordig.

Dit is reg dat mense versigtig is wanneer dit kom by wie hulle vertrou. Die Bybel waarsku:

  • “Moenie op mense in ’n gesagsposisie vertrou nie, want hulle is ook maar mense en kan nie werklik red nie.” – Psalm 146:3, Die Lewende Bybel.

Iemand wat jy kan vertrou

 Die Bybel identifiseer iemand wat jy kan vertrou: Jesus Christus. Hy is nie net ’n goeie man wat baie jare gelede gelewe het nie. God het Jesus aangestel om “as Koning [te] regeer, en daar sal geen einde aan sy Koninkryk wees nie” (Lukas 1:32, 33). Jesus is die Koning van God se Koninkryk, ’n regering wat nou vanuit die hemel regeer. – Matteus 6:10.

  • Om uit te vind hoekom jy Jesus kan vertrou, lees die artikels “Wie is die Koning van God se Koninkryk?” en “Wat sal God se Koninkryk doen?”

’n Boek wat jy kan vertrou

Die Bybel sê heelwat oor Jesus se lewe en baie ander belangrike onderwerpe. Hierdie unieke boek bevat waardevolle inligting wat jy kan vertrou. Om self uit te vind, nooi ons jou graag om ons gratis Bybelstudieprogram te probeer. Hierdie program sluit al die studiepublikasies in wat jy sal nodig hê sowel as ’n persoonlike onderrigter wat jou sal help. Jy sal onder andere leer watter soort persoon Jesus is, wat hy gedoen het, wat hy besig is om te doen en wat hy in die toekoms sal doen.

Probeer ons Bybelstudieprogram

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel