panitan/stock.adobe.com
Jesus sal ’n einde aan armoede maak
Terwyl Jesus op aarde was, het hy gewys dat hy mense baie liefhet, veral dié wat arm is en swaarkry (Matteus 9:36). Hy het selfs sy lewe opgeoffer sodat ander daarby kan baat vind (Matteus 20:28; Johannes 15:13). Binnekort sal hy weer sy liefde vir mense bewys deur sy gesag en krag as Koning van God se Koninkryk te gebruik om regoor die aarde ’n einde aan armoede te maak.
Die Bybel gebruik pragtige woorde om te beskryf wat Jesus sal doen:
“Laat hy die hulpeloses onder die volk verdedig, laat hy die kinders van die arme red.” – Psalm 72:4.
Hoe kan ons ons waardering wys vir alles wat Jesus alreeds vir ons gedoen het en nog vir ons sal doen? Een manier is om meer te leer oor “die goeie nuus van die Koninkryk van God”, wat die boodskap was wat hy verkondig het (Lukas 4:43). Lees die artikel “Wat is die Koninkryk van God?”