Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwfq artikel 7
  • Is Jehovah se Getuies Christene?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is Jehovah se Getuies Christene?
  • Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat glo Jehovah se Getuies?
    Wat glo Jehovah se Getuies?
  • Wat weet jy van Jehovah se Getuies?
    Ontwaak!—2016
  • Glo Jehovah se Getuies in Jesus?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Glo Jehovah se Getuies dat hulle die enigstes is wat gered sal word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
ijwfq artikel 7
’n Vrou wat die Bybel bestudeer

Is Jehovah se Getuies Christene?

Ja. Ons is Christene weens die volgende redes:

  • Ons probeer die leringe en gedrag van Jesus Christus noukeurig volg.—1 Petrus 2:21.

  • Ons glo dat Jesus die sleutel tot redding is, dat daar “nie ’n ander naam onder die hemel [is] wat onder die mense gegee is waardeur ons gered moet word nie”.—Handelinge 4:12.

  • Wanneer mense Jehovah se Getuies word, word hulle in die naam van Jesus gedoop.—Matteus 28:18, 19.

  • Ons bid in Jesus se naam.—Johannes 15:16.

  • Ons glo dat Jesus die Hoof van elke man is, met ander woorde dat hy gesag gegee is oor elke man.—1 Korintiërs 11:3.

Ons verskil egter in ’n aantal opsigte van ander godsdiensgroepe wat Christene genoem word. Byvoorbeeld, ons glo dat die Bybel leer dat Jesus die Seun van God is, nie deel van ’n Drie-eenheid nie (Markus 12:29). Ons glo nie dat die siel onsterflik is nie, dat daar enige skriftuurlike grondslag is om te sê dat God mense vir ewig in die hel pynig nie of dat diegene wat die leiding in godsdiensbedrywighede neem, titels behoort te hê wat hulle bo ander verhef nie.—Prediker 9:5; Esegiël 18:4; Matteus 23:8-10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel