Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 5
  • Kan enigiemand weet wie werklik die Bybel geskryf het?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan enigiemand weet wie werklik die Bybel geskryf het?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wat is die Bybel?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wie is die Outeur van die Bybel?
    Ontwaak!—2007
  • Wat die boek bevat
    ’n Boek vir alle mense
  • Bybelboek nommer 29—Joël
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 5
Drie Bybelskrywers

Kan enigiemand weet wie werklik die Bybel geskryf het?

Die Bybel se antwoord

Daar word dikwels gesê dat ons nie seker kan wees wie die Bybel geskryf het nie. Maar die Bybel sê op etlike plekke duidelik wie die inhoud daarvan neergeskryf het. Party dele begin met frases soos “die woorde van Nehemia,” “die visioen van Jesaja” en “die woord van Jehovah wat tot Joël . . . gekom het.”—Nehemia 1:1; Jesaja 1:1; Joël 1:1.

Die meeste Bybelskrywers het erken dat hulle in die naam van Jehovah, die enigste ware God, geskryf het en dat hulle deur hom gerig is. Profete wat die Hebreeuse Geskrifte geskryf het, het meer as 300 keer gesê: “Só het Jehovah gesê” (Amos 1:3; Miga 2:3; Nahum 1:12). Ander skrywers het God se boodskap deur middel van engele ontvang.—Sagaria 1:7, 9.

Die Bybel is oor ’n tydperk van 1 600 jaar deur sowat 40 manne geskryf. Party manne is gebruik om meer as een Bybelboek te skryf. Die Bybel is in werklikheid ’n versameling van 66 boeke. Dit bestaan uit die 39 boeke van die Hebreeuse Geskrifte, wat baie mense die Ou Testament noem, en die 27 boeke van die Christelike Griekse Geskrifte, wat dikwels die Nuwe Testament genoem word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel