Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 52
  • Wat is die doel van die lewe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is die doel van die lewe?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wat het God in gedagte vir ons?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Vraag 1: Het my lewe ’n doel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Wat maak die lewe werklik sinvol?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Jy kan Jehovah se vriend wees
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 52

Wat is die doel van die lewe?

Die Bybel se antwoord

Die vraag oor die doel van die lewe kan op baie maniere gestel word, soos: Waarom is ons hier? of Het my lewe ’n doel? Die Bybel toon dat die doel van die lewe is om ’n vriendskap met God op te bou. Kyk na ’n paar van hierdie grondwaarhede wat in die Bybel geopenbaar word.

  • God is ons Skepper. Die Bybel sê: “Ons is deur [God] gemaak, nie deur onsself nie.”—Psalm 100:3; Openbaring 4:11.

  • God het ’n doel met alles wat hy skep, insluitende ons.—Jesaja 45:18.

  • God het ons met ’n “geestelike behoefte” geskep, wat die begeerte insluit om ’n doel in die lewe te vind (Matteus 5:3). Hy wil hê dat ons hierdie begeerte moet bevredig.—Psalm 145:16.

  • Ons vervul ons geestelike behoefte deur ’n vriendskap met God op te bou. Hoewel die gedagte om God se vriend te wees, vir party dalk vergesog klink, spoor die Bybel ons aan: “Kom nader aan God, en hy sal nader aan julle kom.”—Jakobus 4:8; 2:23.

  • Om God se vriend te word, moet ons lewe in ooreenstemming met sy voorneme vir ons. Die Bybel meld hierdie voorneme in Prediker 12:13: “Vrees God, en gehoorsaam sy gebooie, want dit is waarom ons geskep is.”—Good News Translation.

  • In die toekoms, wanneer God lyding uit die weg ruim en die ewige lewe gee aan sy vriende, diegene wat hom aanbid, sal ons sy oorspronklike voorneme vir ons ten volle kan ervaar.—Psalm 37:10, 11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel