Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwfq artikel 41
  • Wat is die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies?
  • Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie is die lede van die Bestuursliggaam?
  • Hoe is die Bestuursliggaam georganiseer?
  • Wie is die helpers van die Bestuursliggaam?
  • “Hou sulke manne in eer”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Hoe die Bestuursliggaam georganiseer is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Hoe funksioneer die Bestuursliggaam vandag?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Gee die hedendaagse Bestuursliggaam jou samewerking
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
ijwfq artikel 41
Lede van die Bestuursliggaam net voor ’n vergadering

Wat is die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies?

Die Bestuursliggaam is ’n groepie volwasse Christene wat leiding voorsien aan Jehovah se Getuies regoor die wêreld. Hulle het ’n tweeledige werk:

  • Hulle hou toesig oor die voorbereiding van Bybelse onderrigting wat deur die publikasies, vergaderinge en skole van Jehovah se Getuies voorsien word.—Lukas 12:42.

  • Hulle bestuur die wêreldwye werk van Jehovah se Getuies deur riglyne vir ons openbare bediening te voorsien en toesig te hou oor die gebruik van bydraes.

Die Bestuursliggaam volg die patroon van “die apostels en ouer manne in Jerusalem” in die eerste eeu, wat belangrike besluite ten behoewe van die hele Christengemeente geneem het (Handelinge 15:2). Soos daardie getroue manne, is die lede van die Bestuursliggaam nie die leiers van ons organisasie nie. Hulle maak staat op die Bybel se riglyne en erken dat Jehovah God vir Jesus Christus as die Hoof van die gemeente aangestel het.—1 Korintiërs 11:3; Efesiërs 5:23.

Wie is die lede van die Bestuursliggaam?

Die lede van die Bestuursliggaam is Kenneth Cook jr., Gage Fleegle, Samuel Herd, Geoffrey Jackson, Jody Jedele, Stephen Lett, Gerrit Lösch, Jacob Rumph, Mark Sanderson, David Splane en Jeffrey Winder. Hulle dien by ons wêreldhoofkwartier in Warwick, New York, VSA.

Hoe is die Bestuursliggaam georganiseer?

Die Bestuursliggaam het ses komitees saamgestel om toesig te hou oor verskeie aspekte van ons werk, en elke lid dien op een of meer van hierdie komitees.

  • Koördineerderskomitee: Hou toesig oor regsaangeleenthede en reageer op rampe, vervolging van Jehovah se Getuies weens hulle godsdiensoortuigings en ander noodgevalle wat Jehovah se Getuies raak.

  • Personeelkomitee: Hou toesig oor die reëlings vir Bethelgesinslede.

  • Uitgewerskomitee: Hou toesig oor die druk en versending van Bybellektuur en die bou van vergaderplekke, vertaalkantore en takfasiliteite.

  • Dienskomitee: Hou toesig oor ons werk om die “goeie nuus van die koninkryk” te verkondig.—Matteus 24:14.

  • Onderrigtingskomitee: Hou toesig oor die voorbereiding van geestelike onderrigting wat deur middel van vergaderinge, skole en oudio- en videoprogramme voorsien word.

  • Skryfkomitee: Hou toesig oor die voorbereiding van geestelike onderrigting wat in gedrukte vorm en op ons webwerf voorsien word asook oor vertaalwerk.

Bo en behalwe hulle werk op hierdie komitees kom die Bestuursliggaam elke week bymekaar om die behoeftes van die organisasie te bespreek. Tydens hierdie vergaderinge bespreek die lede wat die Bybel sê, onderwerp hulle hulle aan die leiding van God se heilige gees en probeer hulle om eenparige besluite te neem.—Handelinge 15:25.

Wie is die helpers van die Bestuursliggaam?

Hulle is betroubare Christene wat die komitees van die Bestuursliggaam bystaan (1 Korintiërs 4:2). Hulle is bekwaam en ervare in die werk van die komitee waaraan hulle toegewys is, en hulle woon die weeklikse vergadering daarvan by. Hoewel hulle nie help om die besluite te neem nie, voorsien hulle kosbare raad en agtergrondinligting, voer hulle die komitee se besluite deur en monitor hulle die resultate en vordering daarvan. Die helpers kan ook deur die Bestuursliggaam aangewys word om ons broederskap in verskeie dele van die wêreld te besoek of om toesprake te hou by geleenthede soos jaarvergaderinge of Gileadgraduerings.

LYS VAN HELPERS

Komitee

Naam

Koördineerderskomitee

  • Ekrann, John

  • Gillies, Paul

  • Snyder, Troy

Personeelkomitee

  • Grizzle, Gerald

  • LaFranca, Patrick

  • Molchan, Daniel

  • Scott, Mark

  • Walls, Ralph

Uitgewerskomitee

  • Butler, Robert

  • Corkern, Harold

  • Glockentin, Gajus

  • Gordon, Donald

  • Luccioni, Robert

  • Reinmueller, Alex

  • Sinclair, David

Dienskomitee

  • Breaux, Gary

  • Dellinger, Joel

  • Georges, Betty

  • Griffin, Anthony

  • Hyatt, Seth

  • Mavor, Christopher

  • Perla, Baltasar jr.

  • Smith, Jonathan

  • Turner, William jr.

  • Weaver, Leon jr.

Onderrigtingskomitee

  • Banks, Michael

  • Curzan, Ronald

  • Flodin, Kenneth

  • Malenfant, William

  • Noumair, Mark

  • Schafer, David

Skryfkomitee

  • Ahladis, Nicholas

  • Christensen, Per

  • Ciranko, Robert

  • Godburn, Kenneth

  • Mantz, James

  • Marais, Izak

  • Martin, Clive

  • Myers, Leonard

  • Smalley, Gene

  • van Selm, Hermanus

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel