Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 108
  • Wat is ’n profesie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is ’n profesie?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Hoe het God die Bybel geïnspireer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Het enigiemand God al ooit gesien?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Jehovah se boodskappe vir destyds en vandag
    Lewe met Jehovah se dag in gedagte
  • Wie is die Outeur van die Bybel?
    Ontwaak!—2007
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 108
Johannes die Doper

Wat is ’n profesie?

Die Bybel se antwoord

’n Profesie is ’n boodskap wat deur God geïnspireer is, ’n goddelike openbaring. Die Bybel sê dat profete “uit God gespreek [het] namate hulle deur heilige gees meegevoer is” (2 Petrus 1:20, 21). ’n Profeet is dus iemand wat boodskappe van God ontvang en dit aan ander oordra.—Handelinge 3:18.

Hoe het profete inligting van God ontvang?

God het verskeie metodes gebruik om sy gedagtes aan sy profete oor te dra:

  • Skriftelik. God het hierdie metode ten minste een keer gebruik toe hy die Tien Gebooie in geskrewe vorm direk aan Moses gegee het.—Eksodus 31:18.

  • Deur middel van engele. God het byvoorbeeld ’n engel gebruik om vir Moses te sê wat hy vir Farao van Egipte moes sê (Eksodus 3:2-4, 10). Wanneer die presiese woorde baie belangrik was, het God die engele gebruik om sy boodskap woord vir woord oor te dra, soos toe hy vir Moses gesê het: “Skryf hierdie woorde vir jou op, want ooreenkomstig hierdie woorde sluit ek ’n verbond met jou en Israel.”—Eksodus 34:27.a

  • Deur visioene. Soms het ’n profeet ’n visioen gehad terwyl hy wakker en by sy volle bewussyn was (Jesaja 1:1; Habakuk 1:1). Party was so werklik dat die profeet daaraan deelgeneem het (Lukas 9:28-36; Openbaring 1:10-17). Ander kere is visioene oorgedra terwyl die profeet in ’n beswyming was (Handelinge 10:10, 11; 22:17-21). God het ook sy boodskap oorgedra terwyl die profeet geslaap het.—Daniël 7:1; Handelinge 16:9, 10.

  • Deur profete se gedagtes te rig. God het sy profete se gedagtes gerig om sy boodskap oor te dra. Dit is wat die volgende stelling in die Bybel beteken: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer.” Die frase “deur God geïnspireer” kan ook weergegee word as “deur God ingeblaas” (2 Timoteus 3:16; The Emphasised Bible). God het sy heilige gees, of werkende krag, gebruik om sy gedagtes in sy knegte se verstande “in te blaas”. Dit was God se boodskap, maar die profeet het die woorde gekies.—2 Samuel 23:1, 2.

Sluit profesieë altyd voorspellings oor die toekoms in?

Nee, Bybelprofesieë word nie beperk tot voorspellings oor die toekoms nie. Maar die meeste van God se boodskappe hou verband met die toekoms, selfs al is dit net indirek. God se profete het die eertydse Israeliete byvoorbeeld keer op keer oor hulle bose weë gewaarsku. Hierdie waarskuwings het die toekomstige seëninge beskryf wat die volk sou geniet as hulle daarna luister, sowel as die toekomstige rampspoed as hulle weier om daarna te luister (Jeremia 25:4-6). Die uitkoms het afgehang van die weg wat die Israeliete gekies het om te volg.—Deuteronomium 30:19, 20.

Voorbeelde van Bybelprofesieë wat nie voorspellings insluit nie

  • Toe die Israeliete God by een geleentheid om hulp gevra het, het hy ’n profeet gestuur om te verduidelik dat Hy hulle nie gehelp het nie omdat hulle geweier het om God se gebooie te gehoorsaam.—Rigters 6:6-10.

  • Toe Jesus met ’n Samaritaanse vrou gepraat het, het hy dinge oor haar verlede genoem wat hy net deur goddelike openbaring kon weet. Sy het hom as ’n profeet herken, al het hy niks oor die toekoms voorspel nie.—Johannes 4:17-19.

  • By Jesus se verhoor het sy vyande sy gesig bedek, hom geslaan en toe gesê: “Profeteer! Wie is dit wat jou geslaan het?” Hulle wou nie hê dat Jesus die toekoms moes voorspel nie, maar wou hê dat hy deur goddelike krag die persoon moet identifiseer wat hom geslaan het.—Lukas 22:63, 64.

a Al lyk dit dalk aanvanklik asof God in hierdie voorbeeld direk met Moses gepraat het, wys die Bybel dat God engele gebruik het om die Mosaïese Wetsverbond oor te dra.—Handelinge 7:53; Galasiërs 3:19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel