Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
Aankondiging
Nuwe taal beskikbaar: Betsileo
  • Vandag

Sondag 26 Oktober

God staan die hoogmoediges teë, maar hy gee onverdiende goedheid aan die nederiges. – Jak. 4:6.

Die Bybel noem baie goeie vrouens wat lief was vir Jehovah en hom gedien het. Hulle was “matig in gewoontes” en “getrou in alles” (1 Tim. 3:11). En susters kan in hulle eie gemeente voorbeelde van volwasse Christenvrouens vind wat hulle kan navolg. Jong susters, ken julle enige susters wat ’n goeie voorbeeld stel wat julle kan navolg? Skenk aandag aan hulle goeie eienskappe, en kyk dan hoe jy daardie selfde eienskappe kan openbaar. ’n Belangrike eienskap wat volwasse Christene moet hê, is nederigheid. As ’n vrou nederig is, sal sy ’n goeie verhouding met Jehovah en met ander geniet. Byvoorbeeld, ’n vrou wat lief is vir Jehovah, kies nederig om die hoofskapreëling wat haar hemelse Vader ingestel het, te ondersteun (1 Kor. 11:3). Daardie beginsel het spesifieke toepassings in die gemeente en in die gesinsreëling. w23.12 18-19 ¶3-5

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025

Maandag 27 Oktober

Mans [moet] hulle vrouens liefhê soos hulle eie liggame. – Ef. 5:28.

Jehovah verwag dat ’n man sy vrou moet liefhê en na haar fisiese, emosionele en geestelike behoeftes moet omsien. As jy leer om jou denkvermoë te ontwikkel, vrouens te respekteer en betroubaar te wees, sal dit jou help as ’n huweliksmaat. Nadat jy getrou het, sal jy dalk ’n pa word. Wat kan jy by Jehovah leer oor hoe om ’n goeie pa te wees? (Ef. 6:4). Jehovah het openlik vir sy Seun, Jesus, gesê dat hy hom liefhet en dat hy hom goedgekeur het (Matt. 3:17). As jy ’n pa word, maak seker dat jy jou kinders gereeld verseker dat jy hulle liefhet. Prys hulle dikwels vir die goeie dinge wat hulle doen. Pa’s wat Jehovah se voorbeeld navolg, help hulle kinders om volwasse Christenmans en -vrouens te word. Jy kan nou vir hierdie rol voorberei deur liefdevol te sorg vir ander in jou gesin en in die gemeente en deur te leer om vir hulle te sê dat jy hulle liefhet en waardeer. – Joh. 15:9. w23.12 28-29 ¶17-18

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025

Dinsdag 28 Oktober

[Jehovah] gee julle stabiliteit. – Jes. 33:6.

As getroue knegte van Jehovah ondervind ons probleme en siektes net soos alle ander mense. Ons word dalk ook teëgestaan of vervolg deur dié wat God se volk haat. Al beskerm Jehovah ons nie teen sulke probleme nie, belowe hy wel om ons te help (Jes. 41:10). Met sy hulp kan ons ons vreugde behou, goeie besluite maak en lojaal aan hom bly selfs deur die moeilikste situasies. Jehovah belowe om ons te gee wat die Bybel “die vrede van God” noem (Fil. 4:​6, 7). Hierdie vrede verwys na die kalmte en rustigheid van verstand en hart wat ons geniet omdat ons ’n kosbare verhouding met hom het. Hierdie vrede ‘oortref alle denke’; dit is wonderliker as wat ons ons kan voorstel. Het jy al ooit verbasend kalm gevoel nadat jy intens tot Jehovah gebid het? Daardie gevoel is “die vrede van God”. w24.01 20 ¶2; 21 ¶4

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel