Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Vandag

Saterdag 26 Julie

Word . . . navolgers van God, as geliefde kinders. – Ef. 5:1.

Vandag kan ons Jehovah gelukkig maak deur oor hom te praat op ’n manier wat wys hoe dankbaar ons is en hoe baie ons hom liefhet. Wanneer ons in die bediening is, hou ons in gedagte dat ons hoofdoel is om mense na Jehovah toe te trek, om hulle te help om ons geliefde Vader te sien soos ons hom sien (Jak. 4:8). Ons geniet dit om vir mense te wys hoe die Bybel Jehovah beskryf – dit openbaar sy liefde, geregtigheid, wysheid, krag en ander aantreklike eienskappe. Ons loof ook Jehovah en maak hom gelukkig deur ons bes te doen om hom na te volg. Wanneer ons dit doen, staan ons uit in hierdie goddelose wêreld. Mense let dalk op dat ons anders is en wonder dalk hoekom (Matt. 5:​14-16). Wanneer ons met hulle te doen kry, kry ons dalk die geleentheid om te verduidelik hoekom ons anders is. As gevolg daarvan voel opregte mense aangetrokke tot ons God. Wanneer ons Jehovah op hierdie maniere loof, maak ons sy hart bly. – 1 Tim. 2:​3, 4. w24.02 10 ¶7

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025

Sondag 27 Julie

Hy [moet] mense . . . kan opbou en . . . kan teregwys. – Tit. 1:9.

Om ’n volwasse Christenman te word, sal jy praktiese vaardighede moet aanleer. Dit sal jou help om verantwoordelikhede in die gemeente te aanvaar, om ’n sekulêre werk te behou, om jouself of ’n gesin te onderhou en om gesonde verhoudings met ander te hê. Byvoorbeeld, leer om goed te lees en te skryf. Die Bybel sê dat ’n gelukkige en suksesvolle man God se Woord elke dag lees en daaroor nadink (Ps. 1:​1-3). Deur die Bybel elke dag te lees, sal hy leer hoe Jehovah dink, wat hom sal help om reguit te dink en om goed te redeneer (Spr. 1:​3, 4). Ons broers en susters maak staat op bekwame mans vir Bybelgebaseerde onderrigting en raad. As jy goed kan lees en skryf, sal jy goeie, geloofversterkende toesprake en antwoorde kan voorberei. Jy sal ook betekenisvolle notas kan maak wat jou sal jou help om jou eie geloof te versterk en om ander aan te moedig. w23.12 26-27 ¶9-11

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025

Maandag 28 Julie

Die een wat in eenheid met julle is, is groter as die een wat in eenheid met die wêreld is. – 1 Joh. 4:4.

Wanneer jy bang voel, dink na oor wat Jehovah in die toekoms gaan doen wanneer Satan nie meer daar is nie. ’n Demonstrasie op die 2014-streekbyeenkomsprogram het gewys hoe ’n pa met sy gesin bespreek het hoe 2 Timoteus 3:​1-5 bewoord kan word as daardie verse voorspel het hoe dit in die Paradys sou wees: “In die nuwe wêreld sal ons die gelukkigste tye ondervind. Want mense sal ander liefhê, geestelike skatte liefhê, beskeie wees, nederig wees, God loof, aan ouers gehoorsaam wees, dankbaar wees, lojaal wees, hulle families baie liefhê, bereid wees om in te stem, altyd van ander goed praat, selfbeheersing hê, sagmoedig wees, lief wees vir wat goed is, betroubaar wees, toegewend wees, nederig van hart wees, eerder vir God lief wees as vir plesier, deur opregte toegewydheid aan God gemotiveer word; en bly na aan hierdie mense.” Praat jy met jou familie of jou broers en susters oor hoe die lewe in die nuwe wêreld sal wees? w24.01 6 ¶13-14

Ondersoek die Skrif elke dag – 2025
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel