Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 6/15 bl. 5-7
  • Jou hoop—God of rykdom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jou hoop—God of rykdom?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Kosbare skatte wat ons nou kan geniet
  • Wandel nou wyslik
  • Vasbeslote om geestelik ryk te wees
    Ontwaak!—2007
  • Deel geestelike skatte met ander
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Kan rykdom jou gelukkig maak?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Die seën van Jehovah maak ryk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 6/15 bl. 5-7

Jou hoop​—God of rykdom?

“Sy het jare lank weggekruip in haar luukse huis omring deur ’n skakelkettingheining met twee geslote ysterhekke.”

SO HET ’n nuusberig ’n welgestelde weduwee beskryf wat vermoor is deur rowers wat juwele en $l-miljoen uit haar huis gesteel het.a Die polisie het ’n kruidenierswaentjie gebruik om nog $5-miljoen kontant uit haar huis te verwyder nadat haar lyk gevind is. Die polisie het ook duisende “verjaarsdaggeskenke” met kaartjies geadresseer “Aan Jesus Christus” en “Aan God” gevind.

Hierdie erfgename het skynbaar geen vriende gehad nie, en sy het voortdurend in vrees gelewe. Vra jouself af: Hoe kosbaar was die miljoene waaraan sy soveel waarde geheg het werklik? Buitendien, hoe ryk was sy in God? Jy weet gewis dat God nie met “verjaarsdaggeskenke” gewin kan word nie. Ook word die vrede van God nie verkry deur die besit van rykdom nie. Dit blyk uit die Bybelse raad dat ons nie ons ‘hoop op die onsekerheid van die rykdom stel nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet’.​—1 Timotheüs 6:17.

Waarom is rykdom so onseker? Wel, jy weet waarskynlik hoe waar Jesus se woorde is: “Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie” (Mattheüs 6:19). Soos jy besef, is daar altyd die gevaar dat vuur ’n huis kan vernietig. Sommige mense bewaar hulle kosbaarhede in banke, maar beroof rowers nie ook banke nie? Selfs ’n nuwe motor sal roes.

Wat van die ekonomie van die nasies? In baie lande is inflasie soos ’n dief; dit verminder ’n mens se bates. “Nadat hiperinflasie Duitsland gedurende die vroeë 1920’s getref het, het winkelbesoekers mandjies geld nodig gehad . . . om kruideniersware te koop . . . In Duitsland het pryse met meer as 1 [biljoen] persent vermeerder vanaf Augustus 1922 tot November 1923” (The World Book Encyclopedia). Hoe teleurstellend kan vertroue op geld tog nie wees nie!

Jesus het wyse raad gegee: “Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie” (Mattheüs 6:20). Wat is hierdie “skatte”? Dit behels ons individuele goeie werke, ons rykdom in God. ‘Wat’, vra jy dalk, ‘vereis dit van my?’ Die Bybel antwoord gedeeltelik dat “[ons] goed moet doen en ryk [moet] wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam”.​—1 Timotheüs 6:18.

Daar is vandag miljoene van Jehovah se Getuies rondom die aarde wat met eerlikheid daarvan kan getuig dat mededeelsaamheid op geestelike en materiële gebied​—veral om mense van die Koninkrykshoop te vertel deur deel te neem aan aktiwiteite soos die predikingswerk, onderrigting en die maak van dissipels—​goeie werke is wat Jehovah se goedkeuring wegdra en ware tevredenheid verskaf. Nie eers die dood kan ’n mens van die beloning beroof wat hierdie bymekaarmaak van skatte in die hemel bring nie. Hoekom nie? Jesus het belowe: “Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe.”​—Johannes 11:25.

Kosbare skatte wat ons nou kan geniet

Nadat hy gesê het dat ons ons hoop ‘op God’ moet stel, sê Paulus voorts dat dit ‘God is wat ons alles ryklik verleen om te geniet’ (1 Timotheüs 6:17). Buiten die daaglikse lewensbenodigdhede voorsien die Allerhoogste liefdevol kosbare skatte aan diegene wat sy goedkeuring wegdra. Wat is hierdie skatte?

Let op wat Spreuke 3:13-18 sê: “Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; want die verkryging daarvan is beter as die van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer . . . Dit is ’n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.” “Wysheid” is dus ’n skat wat die waarde van al die rykdomme van die wêreld oortref.

“Wysheid” is die toepassing van kennis op die regte manier. Dit is die vermoë om kennis en insig met welslae te gebruik om probleme op te los, gevare te vermy of te verhoed, om sekere doelwitte te bereik of om ander te help om dit te doen. Stem jy nie saam dat ons vandag sulke wysheid nodig het om lewensprobleme op te los en om ’n goeie naam by God te behou nie?

Waar dit wysheid beskryf, beklemtoon Spreuke 3:13-18 geluk. Is geluk nie ’n skat wat ons almal begeer nie? Godvrugtige wysheid sal ons hierdie geluk verskaf, omdat ware geluk slegs van die Bron daarvan, Jehovah God, kan kom. Die ondervinding het bewys dat ware geluk nie verkry kan word sonder gehoorsaamheid aan die Allerhoogste en onderworpenheid aan die werking van sy gees nie. Die geluk wat in die Bybel belowe word, hang af van ons goeie verhouding met, of goedgekeurde posisie voor, ons hemelse Vader (Mattheüs 5:3-10). Ons sal “die wysheid van bo” openbaar as ons toepas wat ons uit ’n studie van die Bybel leer. Dit sal vir ons die geluk verskaf wat al die skatte ter wêreld nie kan bring nie.

Onthou ook dat Spreuke 3:16 sê: “In sy regterhand is lengte van dae.” Dit slaan blykbaar op die regterhand van beskerming, die hand wat gereed is om ’n mens in kritieke oomblikke te help en te beskerm. Baie mense is vandag betrokke by ’n losbandige lewe, geslagsonsedelikheid, dwelmmisbruik en so meer. Jy het waarskynlik gelees dat VIGS (Verworwe Immuungebreksindroom) verband hou met sulke gebruike. Is diegene wat hierdie dinge beoefen werklik gelukkig, volgens jou waarnemings? Of bring hulle baie hartseer en pyn, selfs die dood, oor hulself en ander?

In teenstelling hiermee sal die toepassing van die wyse raad uit God se Woord altyd aan ons “regterhand” wees om ons teen sulke gevare te beskerm. Wysheid kan dus ons lewe verleng deur ons te beskerm teen ’n leefwyse wat tot ’n ontydige dood sal lei. Godvrugtige wysheid kan sekerlik ons huidige lewe aangenamer maak.

Wandel nou wyslik

Die bewyse rondom ons toon dat ons in “die laaste dae” van hierdie stelsel leef(2 Timotheüs 3:1-5). Daarom is dit noodsaaklik om waaksaam te wees om nie voor die gees van die wêreld te swig nie. So ’n gees beklemtoon materiële dinge deur ons selfsugtige begeertes te prikkel. Een van die beskuldigings teen Job, ’n getroue man van Bybelse tye, was dat hy God om selfsugtige redes, vir materiële gewin, gedien het (Job 1:9-11). Kan so ’n beskuldiging tereg teen ons ingebring word?

As ons nee antwoord, is ons moontlik besig om vandag se materialisme met welslae te weerstaan. Maar materialisme is een van die subtielste gevare waarvoor ons te staan kom. Jesus Christus het gesê: “Die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord” (Mattheüs 13:22). Ons moet beslis voortdurend waak teen “die verleiding van die rykdom”, want hierdie rykdom is nie werklik kosbaar nie.

Ons moet onsself aan die relatiewe waarde van materiële dinge herinner. God se Woord sê: “Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos ’n steil muur in sy verbeelding” (Spreuke 18:11). Ja, die sekuriteit wat rykdom kan bied, is blote verbeelding, ’n misleiding. Dit wil nie sê dat materiële dinge op sigself sleg is nie. Wat verkeerd is, is om ons lewe daaromheen te bou in plaas van om die verkryging van God se guns. Jesus, wat erken word as een van die wysste onderrigters in die geskiedenis, het uitdruklik gesê: “’n Mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.”​—Lukas 12:15, NAV.

Laat ons dus ’n leefwyse nastreef wat ons “ryk in God” sal maak (Lukas 12:21). Niks is so kosbaar soos ’n goedgekeurde verhouding met ons Skepper nie. Alle pogings om dit te behou, sal daartoe bydra dat ons ‘vir ons ’n skat weglê, ’n goeie fondament vir die toekoms, sodat ons die ewige lewe kan verwerf’.​—1 Timotheüs 6:19.

a $1 is ongeveer R2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel