Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 5/1 bl. 29
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Behou geloof en ’n goeie gewete
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Ouerskap onder God se volk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Bybelboek nommer 54—1 Timotheüs
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Man en vrou—’n Waardige rol vir albei
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 5/1 bl. 29

Vrae van lesers

Waarom het Paulus aangaande ’n Christenvrou geskryf: “Sy sal . . . veilig behoue bly deur kinders te baar”?—1 Timoteus 2:15.

Wat toon die konteks van hierdie vers oor wat Paulus bedoel het? Hy het onder inspirasie raad gegee oor die Christenvrou se rol in die gemeente. Hy het geskryf: “Ek [wil] hê dat die vroue hulle met goed versorgde kleredrag moet versier, met beskeidenheid en gesonde verstand, nie met haarvlegtery en goud of pêrels of baie duur klere nie, maar soos dit vroue betaam wat bely dat hulle God vereer, naamlik deur goeie werke” (1 Timoteus 2:9, 10). Paulus het sy Christensusters gemaan om beskeie te wees, asook gebalanseerd in hulle keuse van persoonlike versierings, en om hulle met goeie werke te ‘versier’.

Daarna het Paulus die hoofskapreëling in die gemeente verduidelik en gesê: “Ek laat ’n vrou nie toe om te onderrig of om gesag oor ’n man uit te oefen nie, maar sy moet stil wees” (1 Timoteus 2:12; 1 Korintiërs 11:3). Hy verduidelik die grondslag vir hierdie reëling deur te toon dat Adam nie deur Satan bedrieg is nie, maar dat Eva ‘geheel en al bedrieg is en in oortreding gekom het’. Wat kan ’n Christenvrou beskerm teen Eva se oortreding? Paulus antwoord: “Sy sal egter veilig behoue bly deur kinders te baar, mits hulle in geloof en liefde en heiliging tesame met gesonde verstand bly” (1 Timoteus 2:14, 15). Wat het Paulus met hierdie woorde bedoel?

Sommige vertalers wil blykbaar te kenne gee dat ’n vrou se redding daarvan afhang dat sy kinders kry. Die Bybel, 1953, sê byvoorbeeld: “Sy sal gered word deur kinders te baar.” Maar hierdie vertolking van Paulus se woorde is nie akkuraat nie. Baie tekste toon dat redding daarvan afhang dat ’n persoon Jehovah leer ken, in Jesus glo en geloof beoefen, asook daardie geloof deur werke toon (Johannes 17:3; Handelinge 16:30, 31; Romeine 10:10; Jakobus 2:26). Paulus het ook nie bedoel dat gelowige vroue ’n veilige geboorte gewaarborg word nie. Vroue gee veilig geboorte, of hulle gelowiges is of nie. En ongelukkig sterf sommige terwyl hulle geboorte gee, of hulle gelowiges is of nie.—Genesis 35:16-18.

Paulus se bykomende raad met betrekking tot vroue later in dieselfde brief help ons om te verstaan wat hy bedoel het. Hy waarsku dat sommige jonger weduwees “ledig [was] en by die huise [rondgeslenter het]; ja, nie net ledig nie, maar ook skindertonge en persone wat hulle met ander se sake bemoei en oor dinge praat waaroor hulle nie behoort te praat nie”. Wat was Paulus se raad? Hy gaan voort: “Daarom wil ek hê dat die jonger weduwees moet trou, kinders baar, ’n huishouding behartig en die teenstander geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.”—1 Timoteus 5:13, 14.

Paulus beklemtoon die positiewe rol van vroue in die gesinsreëling. ’n Vrou wat besig is, omdat sy byvoorbeeld ‘kinders gebaar het en ’n huishouding behartig’, en wat “in geloof en liefde en heiliging tesame met gesonde verstand bly”, sal nie geneig wees om betrokke te raak by gedrag wat nie opbouend is nie. Haar geestelikheid sal “behoue bly” (1 Timoteus 2:15). So ’n weg sal talle jong vroue help om Satan se strikke te vermy.

Paulus se woorde aan Timoteus herinner ons almal, mans en vroue, daaraan om besig te wees met heilsame bedrywighede. God se Woord maan alle Christene: “Let dan voortdurend streng op hoe julle wandel, dat dit nie as onwyses is nie, maar as wyses.”—Efesiërs 5:15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel