Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 3/15 bl. 31
  • Gee ag op God se profetiese woord!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gee ag op God se profetiese woord!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Vertrou op die profetiese woord
  • Waak teen afvalliges
  • Jehovah se dag kom!
  • Glanspunte uit die briewe van Jakobus en van Petrus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Skenk aandag aan die Profetiese woord
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Oorsig van 2 Petrus
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Gee ag op profesie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 3/15 bl. 31

Gee ag op God se profetiese woord!

Glanspunte uit Tweede Petrus

JEHOVAH se profetiese woord, of boodskap, is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, en ware Christene moet noukeurig daarop ag slaan. Dit is nie maklik wanneer valse leraars afvalligheid probeer invoer nie. Maar dit kan met goddelike hulp gedoen word. En ons moet getrou bly aan God se woord as ons die vinnig naderende dag van Jehovah wil oorleef.

Die apostel Petrus se tweede geïnspireerde brief kan ons help om ag te gee op God se profetiese woord. Petrus het hierdie brief moontlik omstreeks 64 G.J. uit Babilon geskryf. In sy brief verdedig hy God se waarheid, waarsku hy medegelowiges dat Jehovah se dag soos ’n dief kom en help hy sy lesers om nie weggelok te word deur die dwaling van wettrotserende mense nie. Aangesien die dag van Jehovah amper hier is, kan ons grootliks by Petrus se geïnspireerde woorde baat vind.

Vertrou op die profetiese woord

As Christene moet ons ons inspan om godvrugtige eienskappe aan die dag te lê, en ons moet ag gee op die profetiese woord (1:1-21). Ons moet ‘by ons geloof voeg: deug, kennis, selfbeheersing, lydsaamheid, godsvrug, broederliefde en naasteliefde’ sodat ons nie onaktief of onvrugbaar word nie. Die profetiese woord is bevestig toe Petrus gesien het hoe Jesus verheerlik word en gehoor het hoe God by daardie geleentheid oor Christus praat (Markus 9:1-8). Ons moet op daardie goddelik geïnspireerde woord ag gee.

Waak teen afvalliges

Deur noukeurig ag te gee op God se profetiese woord kan ons teen afvalliges en ander korrupte persone waak (2:1-22). Petrus het gewaarsku dat valse leraars die gemeente sou insypel. Maar Jehovah sou ’n ongunstige oordeel aan hierdie afvalliges voltrek, net soos hy die oordeel voltrek het aan die ongehoorsame engele, die goddelose wêreld van Noag se dag en die stede van Sodom en Gomorra. Die valse leraars verag godgegewe gesag en verlei die swakkeres om saam met hulle verkeerd te doen. Dit sou vir sulke afvalliges beter gewees het as hulle “die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is”.

Jehovah se dag kom!

As diegene wat in hierdie laaste dae ag gee op die profetiese woord moet ons nie toelaat dat ons beïnvloed word deur spotters wat die boodskap oor Jesus se teenwoordigheid bespot nie (3:1-18). Hulle vergeet dat die God wat van voorneme is om hierdie stelsel van dinge te vernietig, die wêreld voor die Vloed vernietig het. Jehovah se lankmoedigheid moet nie as traagheid beskou word nie, want hy wil hê dat mense hulle moet bekeer. Hierdie stelsel sal in ‘die dag van Jehovah’ vernietig word en vervang word deur die “nuwe hemele en ’n nuwe aarde waarin geregtigheid woon”. Daarom moet ons ons beywer om ‘vlekkeloos en onberispelik en in vrede’ bevind te word. In plaas daarvan dat ons deur valse leraars mislei word, moet ons in kennis van Jesus Christus toeneem.

Laat ons Petrus se woorde ter harte neem. Ons moet nooit ons waaksaamheid teen valse leraars verslap nie. Wees elke dag daarvan bewus dat Jehovah se dag binnekort hier gaan wees. En gee altyd ag op God se profetiese woord.

[Venster/Prent op bladsy 31]

In Tartarus gewerp: Jehovah ‘het die engele wat gesondig het, nie gespaar nie, maar hulle in die hel [Tartarus] gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee om vir die oordeel in bewaring gehou te word’ (2 Petrus 2:4, vgl. NW). Dit is nie die mitologiese Tartarus wat in Homerus se Ilias as ’n ondergrondse plek beskryf word waar minder belangrike valse gode, Kronos en ander Titaanse geeste, gevange gehou is nie. Die Bybelse Tartarus is die verlaagde gevangenistoestand waarin God die engele gewerp het wat in Noag se dag ongehoorsaam was (Genesis 6:1-8; 1 Petrus 3:19, 20; Judas 6). Hulle verkeer in “duisternis” omdat hulle as uitgeworpenes uit sy gesin afgesny is van geestelike lig deur God. As diegene wat in bewaring gehou word vir sy ongunstige oordeel, het hulle net ’n donker vooruitsig. Tartarus is ’n voorloper van die tyd wanneer Satan en sy demone in die afgrond gewerp gaan word voor die begin van Christus se Duisendjarige Heerskappy. Hulle vernietiging sal ná Jesus se Duisendjarige Heerskappy plaasvind.—Mattheüs 25:41; Openbaring 20:1-3, 7-10, 14.

[Prent]

Zeus het minder belangrike gode in ’n mitologiese Tartarus gewerp

[Erkenning]

National Archaeological Museum, Athens, Greece

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel