Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • re hfst. 1 bl. 6-8
  • Openbaring—Sy gelukkige klimaks!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Openbaring—Sy gelukkige klimaks!
  • Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Apokalips—Wat is dit?
  • Goddelike geheime nagespeur
  • Die boek Openbaring—Wat beteken dit?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Verkondig ‘die woorde van die profesie’
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Wees gelukkige lesers van die boek Openbaring
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met die nuwe boek
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
re hfst. 1 bl. 6-8

Hoofstuk 1

Openbaring—Sy gelukkige klimaks!

1. Hoe weet ons dat God wil hê dat ons gelukkig moet wees?

’N OPENBARING AAN JOHANNES—hierdie opwindende Bybelboek bring die goddelike verslag tot ’n gelukkige klimaks. Waarom sê ons “gelukkige”? Wel, die Outeur van die Bybel word beskryf as “die gelukkige God”, wat “glorieryke goeie nuus” toevertrou aan dié wat hom liefhet. Hy wil hê dat ons ook gelukkig moet wees. Openbaring verseker ons dus aan die begin: “Gelukkig is hy wat die woorde van hierdie profesie . . . lees.” In die laaste hoofstuk word ons meegedeel: “Gelukkig is elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boekrol bewaar.”—1 Timoteus 1:11; Openbaring 1:3; 22:7.

2. Wat moet ons doen om geluk te vind deur middel van die boek Openbaring?

2 Hoe vind ons geluk deur middel van die boek Openbaring? Ons vind dit deur die betekenis van sy aanskoulike tekens, of simbole, na te speur en in ooreenstemming daarmee op te tree. Die mensdom se veelbewoë geskiedenis gaan binnekort ’n rampspoedige klimaks bereik wanneer God en Jesus Christus oordeel voltrek aan die hedendaagse goddelose stelsel en dit vervang deur “’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde”, waar selfs “die dood . . . nie meer [sal] wees nie” (Openbaring 21:1, 4). Wil ons nie almal in so ’n nuwe wêreld, in ware vrede en veiligheid, lewe nie? Ons kan as ons ons geloof versterk deur God se Woord, met inbegrip van die besielende profesie van Openbaring, te bestudeer.

Apokalips—Wat is dit?

3. Wat dink baie mense beteken Apokalips en Armageddon?

3 Word Openbaring nie ook Apokalips genoem nie? Ja, want “openbaring” is die Afrikaanse vertaling van a·po·kaʹlu·psis in die Griekse teks. Baie mense stel Apokalips gelyk met wêreldvernietiging deur kernoorlog. In ’n stad in Texas, VSA, waar baie kernplofkoppe vervaardig is, het godsdienstige mense altyd gesê: “Ons sal eerste sterf.” Geestelikes in daardie gebied was glo daarvan “oortuig dat Armageddon nie net onvermydelik nie maar ook op hande is en dat die finale stryd tussen die magte van goed en kwaad, van God en Satan, ’n kernslagting sal wees”.a

4. Wat beteken die woord “apokalips” in werklikheid, en waarom word die laaste boek van die Bybel gepas “’n Openbaring” genoem word?

4 Maar wat is ’n apokalips werklik? Hoewel woordeboeke dit definieer met omskrywings soos “’n naderende kosmiese ramp”, beteken die Griekse a·po·kaʹlu·psis basies “ontsluiering” of “onthulling”. Die laaste boek van die Bybel word dus tereg “’n Openbaring” genoem. Hier vind ons nie bloot ’n fatalistiese boodskap van wêreldondergang nie, maar ’n onthulling van goddelike waarhede wat ons harte met ’n lewendige hoop en ’n onwankelbare geloof behoort te vervul.

5. (a) Wie sal by Armageddon vernietig word, en wie sal dit oorleef? (b) Watter wonderlike toekoms lê voor vir dié wat Armageddon oorleef?

5 Armageddon word weliswaar in die laaste boek van die Bybel “die oorlog van die groot dag van God die Almagtige” genoem (Openbaring 16:14, 16). Maar dit sal heeltemal anders wees as ’n kernslagting! So ’n slagting sal waarskynlik die uitwissing van alle lewe op die aarde beteken. God se Woord gee daarenteen die gelukkige versekering dat net goddelose teenstanders van God vernietig sal word—deur magte onder God se beheer (Psalm 37:9, 10; 145:20). ’n Groot menigte mense uit alle nasies sal die klimaks van goddelike oordeel by Armageddon oorleef. Christus Jesus sal hulle dan soos ’n herder na die ewige lewe op ’n paradysaarde lei. Wil jy een van hulle wees? Gelukkig toon Openbaring dat dit moontlik is!—Openbaring 7:9, 14, 17.

Goddelike geheime nagespeur

6. Watter boeke is met die verloop van die jare deur Jehovah se Getuies uitgegee om lig op Openbaring te werp?

6 Die Wagtoringgenootskap het reeds in 1917 die boek The Finished Mystery uitgegee. Dit was ’n vers-vir-vers-kommentaar oor die Bybelboeke Esegiël en Openbaring. Toe, namate wêreldgebeure verder ter vervulling van Bybelprofesieë ontvou het, is ’n tydige tweedelige publikasie met die titel Lig voorberei en in 1930 vrygestel. Dit was ’n bygewerkte bespreking van Openbaring. Lig het steeds ‘vir die regverdiges opgegaan’, en daarom het Jehovah se Getuies in 1963 die boek met 704 bladsye “Babylon the Great Has Fallen!” God’s Kingdom Rules! uitgegee. Dit het die geskiedenis van die opkoms en ondergang van Babilon die Grote, die wêreldryk van valse godsdiens, breedvoerig bespreek, en die hoogtepunt was ’n bespreking van die laaste nege hoofstukke van Openbaring. Namate ‘die pad van die regverdiges helderder geword het’, veral ten opsigte van gemeentelike bedrywigheid, is daar vervolgens in 1969 ’n boek vrygestel met 384 bladsye, “Then Is Finished the Mystery of God”, wat die eerste 13 hoofstukke van Openbaring bespreek het.—Psalm 97:11; Spreuke 4:18.

7. (a) Waarom het Jehovah se Getuies hierdie boek oor Openbaring voorsien? (b) Watter leermiddels word in die boek voorsien om lesers te help?

7 Waarom is daar dan nou nog ’n boek oor Openbaring uitgegee en herdruk? Baie van die inligting wat reeds verskyn het, is hoogs gedetailleerd, en dit was nie moontlik om dit wêreldwyd in baie tale te vertaal en te publiseer nie. Daar is derhalwe besluit om één boek oor Openbaring te voorsien in ’n vorm wat maklik in etlike tale gepubliseer kan word. Daarbenewens word die geleentheid in hierdie boek gebruik om leermiddels te voorsien, insluitende prente, tabelle en opsommings, wat lesers behoort te help om die opwindende betekenis van hierdie wonderlike profesie goed te begryp.

8. Watter selfs beter rede is daar vir die publikasie van hierdie boek?

8 ’n Selfs beter rede vir die publikasie van hierdie boek is die nodigheid om tred te hou met huidige waarheid. Jehovah werp voortdurend meer lig op die betekenis van sy Woord, en ons kan verwag dat ons begrip van Openbaring, asook ander profesieë, verbeter sal word namate ons die groot verdrukking nader (Matteus 24:21; Openbaring 7:14). Dit is belangrik dat ons goed ingelig is. Soos die apostel Petrus in verband met goddelike profesieë geskryf het: “Julle doen goed deur aandag daaraan te skenk soos aan ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en ’n dagster opgaan, in julle harte.”—2 Petrus 1:19.

9. (a) Wat gaan God volgens Openbaring en ander profesieë skep? (b) Wat is die nuwe wêreld, en hoe kan jy tot in dié nuwe wêreld behoue bly?

9 Openbaring voeg sy getuienis by baie ander Bybelprofesieë en toon dat dit Jehovah God se voorneme is om nuwe hemele en ’n nuwe aarde te skep (Jesaja 65:17; 66:22; 2 Petrus 3:13; Openbaring 21:1-5). Openbaring se boodskap word hoofsaaklik aan gesalfde Christene gerig, wat Jesus met sy bloed gekoop het om saam met hom in die nuwe hemele te regeer (Openbaring 5:9, 10). Tog sal hierdie goeie nuus ook die geloof versterk van die miljoene wat na ewige lewe onder Christus se Koninkryk uitsien. Is jy een van hulle? Dan sal Openbaring jou hoop versterk om as deel van die nuwe aarde in die Paradys te lewe en jou te verlustig in ’n oorvloed van vrede, blakende gesondheid en ’n oormaat van God se voorsienings wat nooit sal eindig nie (Psalm 37:11, 29, 34; 72:1, 7, 8, 16). As jy tot in hierdie nuwe wêreld behoue wil bly, is dit dringend, ja, gebiedend noodsaaklik, dat jy aandag skenk aan Openbaring se aanskoulike beskrywing van die epogmakende klimaks wat nou op hande is.—Sefanja 2:3; Johannes 13:17.

[Voetnoot]

a Süddeutsche Zeitung, München, Duitsland, 24 Januarie 1987.

[Volbladillustrasie op bladsy 7]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel