Verkondig ‘die woorde van die profesie’
1 Ons lewe in ’n tyd waarin profesieë in die boek Openbaring vervul word. Baie wil graag verstaan wat die betekenis van die ontstellende gebeure is wat nou plaasvind. Hulle kan daarby baat vind as hulle “die woorde” van die profesie van Openbaring “hoor” (Op. 1:3). Gedurende Maart het ons die geleentheid om hulle te help deur die Openbaring-boek te gebruik. Wanneer ons dit aanbied, moet ons in gedagte hou dat die probleme waarmee die mensdom vandag te kampe het in die boek Openbaring voorspel is. Wat kan ons dus sê?
2 Hierdie benadering sal moontlik doeltreffend wees:
◼ “Oorlog, hongersnood en siekte het die mensdom in hierdie 20ste eeu geteister. Waarom dink jy is dit die geval terwyl die mens soveel vooruitgang op tegniese gebied gemaak het? [Laat die huisbewoner antwoord.] Baie is verbaas om uit te vind dat hierdie toestande in die Bybel voorspel is. Jy is waarskynlik bekend met die uitdrukking ‘die vier perderuiters van die Apokalips’. Wat die Bybel oor hierdie perderuiters sê, is in werklikheid ’n profesie wat deur hedendaagse wêreldgebeure vervul word. [Maak die Openbaring-boek by hoofstuk 16 oop en wys na die prente op bladsye 91-7.] Hoewel hierdie profesie ’n tyd van groot benoudheid voorspel, bied dit ook hoop. [Lees Openbaring 6:2 in paragraaf 3.] Die Ruiter op die wit perd is Jesus Christus. Hy het beloof om goddeloosheid te oorwin en ’n wêreld van geluk en vrede tot stand te bring deur middel van die Koninkryk waarvoor hy ons leer bid het.” Bied die boek aan.
3 Hierdie vraag gee dalk aanleiding tot ’n sinvolle gesprek:
◼ “Wat dink jy is nodig om die slegte toestande in die wêreld te verwyder? [Laat die huisbewoner antwoord.] Die meestemense stem saam dat drastiese veranderinge nodig is as hierdie wêreld wil bly voortbestaan. Die Bybel toon datGod weet hoe om ons probleme op te los en hy het belowe om ons te help.”Maak die Openbaring-boek by bladsy 171 oop, en lees Openbaring 11:15 in paragraaf1. Blaai na die prente op bladsye 302 en 308, en wys op die seëninge wat onder die Koninkryksregering deur Christus verwesenlik gaanword.Verduidelik dan hoe die huisbewoner persoonlik daarby baat kan vind.
4 Jy voel dalk op jou gemak om iets soos die volgende te sê:
◼ “Baie mense wat die Bybelboek Openbaring gelees het, het dit moeilik gevind om te verstaan. Dit beskryf ’n verskeidenheid buitengewone en betekenisvolle gebeure. Hierdie boek, Openbaring—Sy groot klimaks is ophande!, bevat ’n vers-vir-vers-bespreking van die hele boek Openbaring en toon hoe ons persoonlik deur die vervulling van die profesieë daarin geraak word.” Maak die boek oop by bladsy 15, paragraaf 2, en wys na Openbaring 1:1, in vetgedrukte letters. Verduidelik dat spesifieke kommentare, soos hierdie een, oor elke vers in die boek Openbaring gegee word en dat hierdie inligting hom sal help om hierdie merkwaardige profesieë te verstaan. Bied die boek teen ’n bydrae van R10,50 aan.
5 As die persoon besig is of die aanbod van die Openbaring-boek van die hand wys, kan jy twee tydskrifte of ’n traktaat aanbied. Maak seker dat jy teruggaan om verdere belangstelling in die Koninkryksboodskap aan te wakker.
6 Die boodskap wat in Openbaring vervat word, raak die hele mensdom. Almal moet die woorde van die profesie hoor. Mag ons alles in ons vermoë doen om hierdie lewensbelangrike boodskap te verkondig.