Streekbyeenkomste 1985/1986
Ons kondig met genoeë aan dat daar gedurende die tydperk 26-29 Desember groot byeenkomste in Johannesburg en Durban gehou sal word. In Johannesburg sal die program in Afrikaans, Engels, Portugees, Sotho, Tswana en Zulu wees, ’n Verkorte program sal ook in Grieks aangebied word. In Durban sal die program aangebied word in Engels, Xhosa en Zulu.
Vanaf 2-5 Januarie 1986 sal daaropvolgende byeenkomste in Botswana, Oos-Londen(Xhosa), Lesotho, Suidwes-Afrika en Swaziland gehou word.
Meer inligting oor die byeenkomste sal nog verstrek word. Begin nou beplan en spaar sodat julle die byeenkoms in Johannesburg of Durban kan bywoon. Hulle sal ’n spesiale glanspunt hê.