Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/85 bl. 4
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met die Oorlewing-boek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met die Oorlewing-boek
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HULP OM IN ’N DRINGENDE BEHOEFTE TE VOORSIEN
  • LAAT NIKS JOU KEER NIE
  • Wie sal die oorlewendes wees?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Jy kan ’n oorlewende wees!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Sal jy gemerk wees vir oorlewing?
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
  • Is jy voorbereid vir oorlewing?
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 3/85 bl. 4

Bied die Goeie Nuus Aan​—Met die Oorlewing-boek

1 Miljoene mense is vandag tereg besorg oor oorlewing. Voedselskaarste, besoedeling, geweld en talle ander lewensgevaarlike toestande vul mense met vrees oor wat die toekoms inhou. En tog weet die meeste mense wat besorg is oor oorlewing min of niks van ’n selfs groter gevaar nie. Jesus het dit ’n ,groot verdrukking soos daar van die begin van die wêreld af nie gewees het nie’, genoem (Matt. 24:21). Kan daar vandag vir die mensdom ’n dringender vraagstuk wees as OORLEWING?

2 Wat kan ’n tydiger antwoord op daardie dringender vraag gee as ons nuwe boek Oorlewing tot in ’n nuwe aarde? Na die bekendstelling van die boek by die “Koninkryksvermeerdering”-Streekbyeenkomste het die spreker gesê: “Oorlewing het vandag ’n belangrike kwessie geword. Maar die mensdom word deur iets veel skrikwekkenders as ’n kernoorlog in die gesig gestaar. Dit is ’n dag van rekenskap teenoor die Skepper self. Verbasende Bybelprofesieë toon duidelik dat daar oorlewendes sal wees. .. . Hierdie boek word uitgegee om jou te help om onder hulle te wees.”

HULP OM IN ’N DRINGENDE BEHOEFTE TE VOORSIEN

3 Maar dit verg meer as ’n boek oor oorlewing om in die dringendste behoefte van mense te voorsien. Hulle moet daarvan hoor, dit kry, lees en verstaan en dan optree in ooreenstemming met die lewensbelangrike inligting daarin. Met die oog hierop het die byeenkomsspreker gesê: “Die situasie vereis dringende optrede van almal wat wil oorlewe. . . .Hierdie publikasie is bedoel vir gebruik in die velddiens en vir persoonlike studie.” Ja, broers, “hoe kan hulle hoor sonder een wat preek”?—Rom. 10:14.

4 Kan jy jou enigiets meer opwindends, meer bevredigends, voorstel as om ’n lewe te red? Maar gestel jy kan jou eie lewe red terwyl jy iemand anders red. Dit sou nog lonender wees.​—1Tim. 4:16.

5 Hoeveel lewens sal gered word omdat mense die waarheid met behulp van hierdie nuwe boek leer? Die antwoord hang in ’n groot mate af van hoe hard ons werk om dit te versprei en die doeltreffendheid van ons aanbiedings. Ons bied dit gedurende Maart teen ’n bydrae van Rl,40 aan. Die mate waarin ons hierdie nuwe boek met ons bure, familielede, kollegas, klasmaats of ander deel, hang van ’n aantal faktore af, soos gesondheid, ouderdom, krag en gesinsverantwoordelikhede. In ’n groter mate hang dit af van ons liefde vir ander, tesame met die besef dat hulle oorlewing ’n saak van die grootste dringendheid is.​—2 Tim. 4:2a.

6 Die doeltreffendheid van ons bediening hang dikwels af van hoe deeglik ons vertroud is met die boek wat ons aanbied. Ons het teen hierdie tyd kans gehad om dit deur te lees. Het ons al oor geselspunte, aanhalings of illustrasies gedink wat ons aanbiedings sal verbeter? Die tabel op bladsy 27 wat toon dat 1914 ’n brandpunt was, saam met aanhalings op bladsy 29 oor hoe geskiedskrywers daardie jaar beskou, sal byval vind by mense wat besorg is oor oorlewing. Ons kan belangstelling gaande maak in wat nodig is om die “teken” vir oorlewing te ontvang deur die illustrasie op bladsy 95 te bespreek.​—Vergelyk Esegiel 9: 4, 6.

7 Die hoofstuktitels sal die belangstelling van denkende mense prikkel. Titels soos “Wat gaan van die planeet Aarde word?”, “Hoe lank sal die huidige stelsel voortbestaan?”, “Tree verstandig op terwyl onheil dreig” en “Die uurglas loop leeg!” is party van die gedagteprikkelende onderwerpe wat in hierdie boek bespreek word. Probeer die boek in die huisbewoner se hande plaas en vra hom dan in watter hoofstuktitels hy die meeste belangstel. Diegene wat dit met ons ander publikasies op die proef gestel het, het dikwels goeie resultate behaal.

LAAT NIKS JOU KEER NIE

8 Ons het almal hartlik met die finale kommentaar van die byeenkomsspreker saamgestem toe hy gesê het: “Laat ons, terwyl daar nog tyd is, die geleentheid aangryp om nog baie mense te help om deel te word van hierdie groeiende menigte gelukkige Getuies. . . . Laat ons dan, wanneer God hierdie goddelose wêreld vernietig, deur sy onverdiende goedheid onder die oorlewendes wees wat tot in sy wonderlike ‘nuwe aarde’ behoue bly.” Laat ons dus die geleentheid aangryp om nog baie mense te help deur gedurende Maart ’n volle aandeel in die verspreiding van die Oorlewing-boek te hê.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel