Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 1/15 bl. 30-31
  • Die Bybel—’n boek wat verdien om gelees te word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Bybel—’n boek wat verdien om gelees te word
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom moet jy dit gereeld lees?
  • Lees dit gerus
  • Die Bybel—’n Boek wat gelees moet word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Vind baat by daaglikse Bybellees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Bybellees—nuttig en aangenaam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Lê jou daarop toe om beter te lees
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 1/15 bl. 30-31

Die Bybel​—’n boek wat verdien om gelees te word

DIE Bybel is die boek met verreweg die wydste verspreiding in die hele geskiedenis. Dit is die mees vertaalde, die mees aangehaalde en die oudste boek. Ja, en dit is ook die boek wat deur die felste teenstand heen bewaar is. Maar ongelukkig is dit te betwyfel of die Bybel die mees algemeen gelese boek in die wêreld is.

En tog verdien die Bybel om gelees te word. Beskou enkele feite oor hierdie boek.

Waarom moet jy dit gereeld lees?

Ons Afrikaanse woord „Bybel” kom van die Griekse woord bi·bliʹa, wat „boekies” beteken. Dit herinner ons daaraan dat die Bybel uit ’n aantal boeke bestaan​—hoewel party nie so klein is nie! Hulle is oor ’n tydperk van meer as duisend jaar geskryf. Hoewel hulle deur manne geskryf is, is daardie manne uit ’n hoër Bron geïnspireer. Selfs vandag is miljoene dit eens dat ,die hele Skrif deur God ingegee en nuttig is’ (2 Timotheüs 3:16). Ja, hierdie „boekies” bevat die gedagtes van Jehovah God self (Jesaja 55:9). Geen wonder dat hulle so lank behoue gebly het nie!

Die gewoonte om die Skrif gereeld te lees, was beslis in vervloë tye nuttig. Konings van Israel moes hulle eie handgeskrewe kopie van die Wet, nou ’n belangrike deel van die Bybel, maak. Hulle moes daagliks daaruit lees sodat dit hulle voortdurend daaraan sou herinner om nederig te dien en by God se gebooie te bly (Deuteronomium 17:18-20). Ons kan ongetwyfeld soortgelyke voordele verkry as ons gereeld die Bybel lees.

En hoe belangrik is dit om ag te slaan op Bybelprofesie! Weens sy persoonlike studie van die Skrif het die profeet Daniël besef dat ’n belangrike profesie in die boek Jeremia spoedig vervul sou word.​—Daniël 9: 1, 2; Jeremia 29:10.

Tydens die prediking van Johannes die Doper was die volk „in verwagting” van die Messias (Lukas 3:15). Dit dui daarop dat baie onder hulle vertroud was met die profesieë aangaande die Christus wat in die Skrif opgeteken is. Dit is baie interessant, aangesien boeke in daardie dae nie geredelik beskikbaar was nie. Afskrifte van Bybelboeke moes sorgvuldig met die hand gemaak word. Hoe het die mense dan met daardie boeke vertroud geraak?

In baie gevalle deur openbare voorlesing. Die dissipel Jakobus het opgemerk: „Van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.”​—Handelinge 15:21.

Vandag is dit maklik vir mense om hulle eie eksemplaar van die Bybel te hê, en ten minste sommige van die „boekies” is beskikbaar in die taal van 97 persent van die wêreldbevolking. Dit is dus jammer dat baie nie juis daarin belangstel om uit te vind wat die Bybel vir hulle te sê het nie.

Lees dit gerus

Jehovah se Getuies het dit ’n prominente deel van hulle werk gemaak om mense aan te moedig om die Bybel gereeld te lees. Op een van hulle drukkerye by hulle wêreldhoofkwartier in Brooklyn, New York, verskyn die volgende woorde in vet letters: „LEES GOD SE WOORD DIE HEILIGE BYBEL DAAGLIKS.”

In die meer as 46 000 gemeentes van Jehovah se Getuies oor die hele wêreld is daar ’n weeklikse Teokratiese Bedieningskool. Die voorlesing van ’n gekose gedeelte van die Bybel maak deel uit van die kursus. Almal wat dit bywoon, het die weeklikse taak om ’n paar Bybelhoofstukke by die huis te lees, en die wat by hierdie rooster hou, lees uiteindelik die hele Bybel deur.

Dit strook met wat die Teokratiese Bedieningskool-Handleiding, een van die handboeke wat in hierdie kursus gebruik word, sê: „Jou persoonlike rooster moet ook voorsiening maak vir tyd om die Bybel self te lees. Dit is van groot waarde om dit van voor tot agter deur te lees. . . . Jou doel wanneer jy lees, moet egter nie net wees om stof deur te gaan nie, maar om die saak in sy geheel te sien met die bedoeling om dit te onthou. Neem tyd om te bepeins wat dit sê.”​—Bladsy 21.

Jehovah se Getuies meen dat hedendaagse Christene deeglik vertroud moet wees met die Bybel. Met hierdie doel voor oë staan hulle ’n twintigste-eeuse metode van Bybellees voor. Hulle het ’n voorlesing van baie van die „boekies” van die Bybel op kassetbande opgeneem. Die wat meen dat hulle nie tyd het om lank te gaan sit en lees nie, kan dus nou na opnames van Bybelboeke luister terwyl hulle by die huis rond werk, in die motor ry of ander dinge doen. Die bande kan natuurlik ook ’n uitstekende hulpmiddel wees wanneer ons wel gaan sit om die Bybel te lees. Dit is aangenaam om na ’n voorlesing van die Skrif te luister terwyl jy in jou eie Bybel volg.

Maak gerus ten volle gebruik van die geestelike leiding in die Christelike publikasies wat God deur „die getroue en verstandige dienskneg” verskaf (Mattheüs 24: 45-47). Maar maak dit ook jou gewoonte om elke dag die Bybel te lees. Jy sal groot voordeel daaruit put, soos gemeld is in die bevel wat lank gelede aan die Israelitiese leier Josua gegee is: „Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag [„lees dag en nag met gedempte stem daarin”, NW], sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.”​—Josua 1:8.

[Prent op bladsy 31]

’n Teken op die Wagtoringgenootskap se drukkery by Adamstraat 117, Brooklyn, New York, spoor verbygangers al jare lank aan om die Heilige Skrif te lees

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel