Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 1/15 bl. 29
  • Hoe beskou jy Jehovah se naam?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe beskou jy Jehovah se naam?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hou aan om die naam te eer
  • Eer Jehovah se groot naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Die allergrootste naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • God se naam
    Ontwaak!—2017
  • Wat is God se naam?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 1/15 bl. 29

Hoe beskou jy Jehovah se naam?

HIERDIE uitdagende vraag is by die „Koninkryksvermeerdering”-Streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies aan byeenkomsgangers gestel. Dit was na aanleiding van die bekendstelling van ’n nuwe brosjure, The Divine Name That Will Endure Forever.a Waarom was die vraag belangrik?

Reg van die tyd van die skepping af is die naam Jehovah gebruik om die enigste ware God aan te dui (Genesis 2:4, NW; 4:1, NW). „Jehovah se vriend”, Abraham, het dit vryelik gebruik (Jakobus 2:23, NW; Genesis 18:30-33, NW). Moses het geleer dat Jehovah „tot onbepaalde tyd” die Skepper se naam is (Exodus 3:15, NW). Jesus het God se naam aan sy volgelinge bekend gemaak (Johannes 17:6). En sy dissipels het na die uithoeke van die bewoonde aarde gereis om mense te help om ,die naam van Jehovah aan te roep en gered te word’.​—Handelinge 2:21, NW.

Ander het egter minagting getoon vir die naam. Israeliete wat Jehovah se wet oortree het, het sy naam ontheilig (Levitikus 18:21; 19:12). Die Israeliete wat God se naam aan die voet van die berg Sinai tydens hulle aanbidding van die goue kalf gebruik het, het sy naam smaad aangedoen (Exodus 32: 4, 6). En so het die Jode later God se naam onteer deur bygelowig te weier om dit uit te spreek. Dieselfde geld vir die Joodse mistici wat dit as ’n magiese simbool beskou het.

Oningeligte naamchristene het ook God se naam bedek toe hulle, soos die Jode, opgehou het om dit te gebruik en dit selfs uit die Griekse vertaling van die Hebreeuse Skrifte verwyder het. En dit het weer tot ’n hedendaagse wantoestand aanleiding gegee. Mense ignoreer vandag God se naam en beskou dit as onbelangrik in aanbidding.

Hou aan om die naam te eer

Trouens, net Jehovah se Getuies volg vandag die voorbeeld van Jesus se vroeë dissipels deur mense wêreldwyd te help om ,die naam van Jehovah aan te roep en gered te word’. Net hulle kan waarlik ,’n volk vir sy Naam’ genoem word (Handelinge 15:14). Maar is dit moontlik dat ons ook Jehovah se naam opsy kan stoot?

Wel, as ons Jehovah se wette oortree en ongeregtigheid doen, onteer ons in werklikheid sy naam (2 Timotheüs 2:19, NW). En as ons Jehovah se naam in ons aanbidding gebruik, maar ons handelinge toon dat ons hoop vir die toekoms in werklikheid op materiële dinge of iets soortgelyks gegrond is, is ons net soos daardie eertydse Israeliete wat Jehovah se naam gebruik het, maar in werklikheid ’n goue kalf aanbid het. Daarbenewens is Jehovah se naam nie ’n gelukbringer nie. As ons dit in die vorm van die Tetragrammaton of in moderne spelling in ons huis of op ons motor vertoon in die hoop dat dit ons sal beskerm of „geluk” sal bring, is ons mos nie anders as daardie bygelowige Jode wat dit as ’n magiese simbool beskou het nie.​—Exodus 20:7.

Ons beskouing van God se naam is dus belangrik. Die naam Jehovah is God se ewige gedenknaam (Exodus 3:15, NW). Dit verteenwoordig sy onveranderlike eienskappe en voornemens (Deuteronomium 32: 3-43). Jehovah se ryke seën rus op die wat hom vrees en sy naam eer (Maleagi 3:16). Die nuwe brosjure wat nou ook in Engels beskikbaar is, bevat ’n indringende bespreking van die goddelike naam en die betekenis en korrekte gebruik daarvan, en dit sal gewis duisende ander help om die naam van hulle Skepper, Jehovah, te eer.​—Openbaring 4:11, NW.

[Voetnote]

a Hierdie brosjure is reeds in 1983 in Afrikaans uitgegee onder die titel „Laat u Naam geheilig word”​—Watter naam?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel