Bied die Goeie Nuus Aan—Deur intekeninge tydens herbesoeke aan te bied
1 Hoewel ons weliswaar talle intekeninge kry deur dit in die huis-tot-huis-bediening aan te bied, kry talle verkondigers intekeninge tydens herbesoeke. Hierdie besoeke kan by mense wees wat belowe het om in te teken, diegene wat laat blyk het dat hulle moontlik sal inteken, persone wie se naam op Intekening verval-strokies verskyn, individue op ons tydskrifroete of mense met wie ons in die verlede gestudeer het. Hoe kan ons sulke besoeke doen?
2 As iemand laat blyk dat hy wil inteken maar nie op daardie tydstip die geld het nie, kan ons die intekeningstrokie invul en verneem wanneer ons vir die bydrae vir die intekening kan terugkom. Ons sal natuurlik nie die intekening ingee voordat die persoon daarvoor bygedra het nie. Maar talle het gevind dat hulle intekeninge kon kry deur die strokie tydens die eerste besoek in te vul en dan terug te keer op die tyd wat die huisbewoner voorstel.
3 As iemand ’n eksemplaar wil lees voordat hy besluit om in te teken, kan ons die jongste nommers by hom laat en reël om terug te gaan. Wanneer ons teruggaan, kan ons die huisbewoner herinner aan waaroor ons die vorige keer gesels het en ’n paar bykomende gedagtes met hom deel. Dan kan ons meld dat hy gesê het hy moontlik sou inteken nadat hy die geleentheid gehad het om die jongste nommer te lees. Intekeninge is al dikwels tydens sulke besoeke gekry.
4 Die Genootskap stuur ’n kennisgewing aan die gemeente kort voor intekeninge gaan verval. Die broer wat die intekeninge in die gemeente hanteer, kyk wie die intekeninge gekry het en gee die strokie aan daardie individue. As die verkondiger getrek het, kan jy gevra word om ’n persoon te besoek by wie iemand anders die intekening gekry het. Wanneer sulke besoeke gedoen word, kan ons ’n nuttige punt beklemtoon wat onlangs in die tydskrif gedek is en die intekenaar dan aanspoor om daar en dan sy intekening te hernieu sodat hy nie ’n enkele nommer misloop nie.
5 Daar is moontlik persone op ons tydskrifroete wat nie altyd tuis is wanneer ons hulle besoek nie. Of ons gebied is dalk so groot dat ons nie elke keer hierdie individue kan bereik wanneer ons die jongste nommers van die tydskrifte het nie. Ons kan vir hulle sê dat hulle nooit ’n nommer van die tydksrifte sal misloop as hulle daarop inteken nie en sodoende kan ons intekeninge verkry.
6 Daar is ook diegene wat gestudeer het maar om die een of ander rede opgehou het. Die Genootskap het voorgestel dat ons van tyd tot tyd met sulke individue in aanraking kom om te sien of hulle belangstelling nie weer aangewakker kan word nie. Ons kan hulle besoek en hulle die geleentheid bied om in te teken as hulle dit nie alreeds gedoen het nie. lets wat hulle in die tydskrifte lees, kan moontlik weer hulle belangstelling wek om die Bybel saam met ons te bestudeer.
7 Ons het die beste tydskrifte ter wêreld en ons wil inderdaad ons bes doen om ander te help om ook daarby baat te vind.—1 Tim. 4:16.