Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/86 bl. 3
  • Vind meer baat by die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vind meer baat by die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • INSTRUKSIES OM TE VOLG
  • PROGRESSIEWE OPLEIDING
  • ’n Suksesvolle wêreldwye skool
    Ontwaak!—1995
  • ’n Skool wat ons toerus vir wat die heel belangrikste is
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Ons word deur Jehovah geleer
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 12/86 bl. 3

Vind meer baat by die Teokratiese Bedieningskool

1 Vandat die Teokratiese Bedieningskool 43 jaar gelede gestig is, was dit ’n sukses. Dit het ons gehelp om bekwamer in ons openbare belydenis by die vergaderinge en in die veldbediening te word. Duisende broers dwarsoor die aarde is opgelei om bekwame openbare sprekers te wees.

2 Wat van jou? Trek jy volle voordeel uit die skool? Het jou ‘vooruitgang duidelik geword’ in die veldbediening en in jou vergaderingtoewysings? (1 Tim. 4:15). Probeer jy deurentyd verbeter in jou vermoë om “welgevallige” en “aangename” woorde te spreek?​—Pred. 12:10; Luk. 4:22.

INSTRUKSIES OM TE VOLG

3 Volgens die ‘Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1987’ sal Toespraak nr. 1 gebaseer word op “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial”. Sprekers wat hierdie toespraak hou, moet hulle by die toegewese materiaal bepaal om die hoofgedagtes te dek. Party van die vrae in die Skriftelike Hersiening word op hierdie materiaal gebaseer. Net tien minute word vir die instruksietoespraak toegelaat; daar is dus nie tyd vir ander punte of informasie wat nie direk met die onderwerp verband hou nie.

4 Die “Glanspunte uit die Skrifgedeelte” moet nie net ’n opsomming wees nie. Nadat ’n kort geheelbeeld van die toegewese hoofstukke gegee is, moet die spreker die gehoor help om in te sien waarom en hoe die inligting vir ons van nut is. Skoolopsieners moet sprekers hieraan herinner, indien nodig.

PROGRESSIEWE OPLEIDING

5 Jy dink moontlik dat jy nie dieselfde spraakvermoë as ander het nie. Die meeste van ons het nogtans die Godgegewe vermoë om te praat, en met Jehovah se hulp kan ons almal bekwamer verkondigers van die waarheid word. Wat geleerdheid betref, is baie van ons, soos die apostels, ‘ongeleerd en eenvoudig’ (Hand. 4:13). As ons vooruitgang wil maak, kan ons nietemin opgelei word om die waarheid akkuraat en met vertroue oor te dra. Die Teokratiese Bedieningskool kan ons help om tred te hou met progressiewe waarhede en kan ons toerus om ‘die woord van God met vrymoedigheid te spreek’.​—Hand. 4:31.

6 Ons het ’n gereelde weeklikse program van voorbereidende studie. Ons moet ons bes doen om hierdie rooster te volg, aangesien nie al die materiaal in die toegewese toesprake gedek kan word nie. Ons vind baat deur daar te wees, na die studentetoesprake te luister en ag te slaan op die raad wat gegee word. Ons kan verder baat vind as ons die materiaal in die veldbediening sowel as in ons eie vergaderingtoewysings toepas.

7 Die Skool-Handleiding voorsien ’n grondslag om die studente raad te gee. Dit kan jou ook help om jou skooltoewysings voor te berei en aan te bied. Gebruik jy die Skool-Handleiding om die raadgewingspunte waarop jy jou moet toelê na te gaan voor jy ’n toespraak voorberei, en hou jy hierdie punte in gedagte tydens jou voorbereiding? Is dit vir jou en ander duidelik dat jy by die skool baat vind?

8 As ons ’n daadwerklike aandeel in die Teokratiese Bedieningskool het, sal ons Jehovah toelaat om ‘ons sy weë te leer’ (Ps. 25:4, 9). Wanneer ons dan die waarheid met vrymoedigheid spreek, sal dit blyk dat ons “’n geoefende tong” het omdat ons ten volle baat vind by die Teokratiese Bedieningskool—’n liefdevolle voorsiening van Jehovah.​—Jes. 50:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel