Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/87 bl. 3
  • Vermeerder blymoedig jou lof aan Jehovah

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vermeerder blymoedig jou lof aan Jehovah
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • BY DIE SKOOL
  • DIEN AS HULPPIONIER
Ons Koninkryksbediening—1987
km 1/87 bl. 3

Vermeerder blymoedig jou lof aan Jehovah

1 Die skoolvakansie was, teokraties gesproke en andersins, vir ons almal ’n besige tyd. Vir gesinne met kinders wat tuis was vir die skoolvakansie was daar moontlik bykomende verantwoordelikhede om in hulle behoeftes te voorsien. Party kon miskien ’n maand of twee hulppionierdiens doen. Die vakansietyd was vir talle ’n verandering van pas.

2 Noudat ons weer terug in die tuig is, het die tyd aangebreek om ons bedrywighede vir die komende maande te beplan. Hoe kan ons in die oorblywende somermaande ons Koninkryksdiens uitbrei? Aangename weersomstandighede maak dit moontlik om langer velddiens te doen. Dit kan voordelig wees as die gemeente of buitegebied of ander gebied het wat nog nie gewerk is nie. Hoe sal jy jou diensgeleenthede in die dae wat voorlê, kan uitbrei?

BY DIE SKOOL

3 Wat van julle jongmense wat nog op skool is? Jy het ongetwyfeld die afgelope skooljaar geleenthede gehad om vir skoolmaats en onderwysers te getuig. Nou het jy moontlik ander onderwysers en klasmaats. Weet hulle dat jy een van Jehovah se Getuies is? Indien nie, moet jy hulle binne die eerste paar weke van die skooljaar daarvan laat weet.

4 Hulle sal wil weet waarom jy nie wêreldse vakansiedae vier nie. Benut hulle nuuskierigheid en ontvanklikheid deur vir hulle te getuig. Het jy die Skool-brosjure hersien om jou voor te berei vir toetse van geloof waarvoor jy by die skool te staan kan kom? Gebruik die Skepping- en Jeug-boek om te getuig, of bespreek uitgesoekte artikels in Die Wagtoring en Ontwaak! Die skool is beslis ’n vrugbare veld om jou Koninkryksdiens gedurende die komende maande uit te brei.

DIEN AS HULPPIONIER

5 Talle van ons het verlede jaar die voorreg gehad om die een of ander tyd hulppionierdiens te doen. Het jy dit al oorweeg om vanjaar dieselfde te doen? Maart en November het vyf Sondae, Mei en Augustus vyf naweke en Oktober het vyf Saterdae. April en Julie is ideale tye aangesien dit dan skoolvakansie is. Beplan gerus nou al om die een of ander tyd gedurende die volgende paar maande hulppionierdiens te doen.

6 Daar is moontlik ander persoonlike omstandighede wat gedurende die volgende paar maande sal verander. As Christene wil ons gunstige geleenthede benut om ons Koninkryksdiens uit te brei. Ons verenigde pogings om die goeie nuus te verkondig, sal vir ons persoonlike tevredenheid verskaf en groter lof vir Jehovah se naam beteken.

NUWE ADRES

Let asseblief daarop dat alle korrespondensie met die Genootskap vanaf 1 Januarie 1987 na Privaatsak 2067, KRUGERSDORP, 1740 gestuur moet word. Die nuwe telefoonnommer is: (011) 764-2980/1/2/3/4/5/6/7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel