Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/87 bl. 1-8
  • Jongmense—streef verdienstelike doelwitte na

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jongmense—streef verdienstelike doelwitte na
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • TEOKRATIESE DOELWITTE
  • Stel persoonlike doelwitte vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Hoe om jou geestelike doelwitte te bereik
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Hoe kan ek my doelwitte bereik?
    Ontwaak!—2010
  • Gebruik geestelike doelwitte om jou Skepper te verheerlik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 2/87 bl. 1-8

Jongmense​—streef verdienstelike doelwitte na

1 Watter doelwitte het jy vir jou gestel? Talle jongmense het nog glad nie vir hulle geestelike doelwitte gestel nie. Maar verskaf dit ’n mens nie genoegdoening as jy vir jou Christelike doelwitte stel en dan daarin slaag om hulle te bereik nie?

2 Baie van ons jongmense het gesien hoe tevergeefs dit is om materiële doelwitte, met inbegrip van geleerdheid, na te streef. Hulle het tot die slotsom gekom dat sulke doelwitte, weens die potensiële gevare wat dit inhou, nie die moeite werd is nie. Voordele wat uit wêreldse prestasies spruit, kan hoogstens so lank duur soos hierdie stelsel, wat nou vinnig ten einde spoed. Maar as ons teokratiese doelwitte in die lig van goddelike opvoeding nastreef, sal dit nou aan ons bevrediging verskaf en uiteindelik tot ewige redding lei.​—Prediker 12:1, 13.

TEOKRATIESE DOELWITTE

3 Streef julle, as jongmense, waardevolle kennis na? In Spreuke 2:1-5 word ons vermaan om “die kennis van God” te vind. Jy kan nooit kennis van God verkry tensy jy sy Woord bestudeer nie. Deur gereelde persoonlike studie word Skriftuurlike materiaal wat bedoel is om jou nader aan Jehovah te bring dieper by jou hart en verstand ingeskerp. Jy sal meer leer en meer onthou. Dit sal jou help om beter toegerus te wees om besluite te neem wanneer jy voor belangrike geskille te staan kom. Namate jy jou daarop toelê, behoort jou leesvermoë, sowel as jou grammatika en woordeskat, te verbeter.

4 Jy kan nie dit alles in een dag bereik nie. Dit verg tyd en geduld om geestelike rypheid te bereik. Maar as jy vir jouself doelwitte stel en geleidelik vooruitgang maak, kan jy geestelike rypheid bereik.

5 Streef jy Christelike diensvoorregte na? Stel jy jou dit ten doel om ’n sekere hoeveelheid tyd elke week aan die huis-tot-huiswerk te wy? Is dit jou doel om ’n bekwamer onderrigter tydens herbesoeke en tuisbybelstudies te word? Party wat op skool is, het vir hulle ’n jaarlikse doelwit gestel om gedurende een of meer van die vakansiemaande hulppionierdiens te doen.

6 Wat van doelwitte vir die nabye toekoms? Wat wil jy in die komende jaar en daarna bereik? Is dit jou doelwit om ’n pionierbedienaar of ’n lid van die Bethelgesin te word?

7 Streef jy, as jy ’n jong broer is, na die voorreg om as ’n bedieningskneg en eendag ’n ouere man te dien? Jy kan jou lewe nuttiger maak deur vaste doelwitte te stel en dit ywerig na te streef.

8 Onthou dat party gemeentelike ouere manne, kring- en streekopsieners en Bethelwerkers eens op ’n tyd jongmense in die waarheid was. Maar hulle het hul kragtig ingespan en het toegeneem in kennis en die vermoë om God en hulle broers te dien. Hulle voorbeeld van ywer en bekwaamheid behoort jou aan te spoor om jou jeug ten beste te benut.

9 Doelwitte moet prakties wees en volgens jou vermoë gestel word. Ons verskil almal fisies, verstandelik en emosioneel van mekaar. Daar is ook verskillende stadiums van geestelike groei. Moet dus nie verwag om iets te bereik net omdat iemand anders dit bereik het nie.

10 Jy kan daarvan seker wees dat jy Jehovah bly maak as jy geestelike doelwitte nastreef. Wees vasbeslote om jou beste te lewer terwyl jy hierdie doelwitte nastreef. Dit is die moeite dubbel en dwars werd, en jy sal nou en in die jare wat kom ryklik geseën word.​—Filip. 4:13, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel