Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/87 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 1 FEBRUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 8 FEBRUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 15 FEBRUARIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 22 FEBRUARIE
Ons Koninkryksbediening—1987
km 2/87 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 1 FEBRUARIE

Lied 118 (Liedere kom uit nuwe liedereboek.)

7 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Meld velddiensreëlings vir die naweek en moedig almal aan om deel te neem.

15 min: “Hou aan om ouer publikasies aan te bied.” Dek met vrae en antwoorde. Laat ervare verkondigers gedagtes in paragrawe 5 en 6 demonstreer. (Let op ander publikasies en voorgestelde aanbiedings in ons Engelse km.) Verander demonstrasies om boeke te gebruik wat plaaslik beskikbaar is. Herinner gemeente daaraan om sakformaatboeke te plaas wat in Februarie aangebied moet word en wat by die lektuurafdeling of in persoonlike lektuurvoorraad beskikbaar is. Die boeke word versprei teen Rl,80 elk.

23 min: “Vereenvoudiging help ons om ons ‘van die belangriker dinge te vergewis’.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel in byvoegsel. Sleutelparagrawe moet gelees word.

Lied 8 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 8 FEBRUARIE

Lied 221

10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Lees Genootskap se dankbetuiging vir enige bydrae wat miskien op staat vir maand verskyn. Spoor almal aan om hierdie Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Doen geselspunte in jongste tydskrifte aan die hand vir gebruik in plaaslike gebied. Beklemtoon die feit dat Maart vyf Sondae het en ’n uitstekende geleentheid vir hulppionierdiens bied.

20 min: “Jongmense—streef verdienstelike doelwitte na.” Vraag-en-antwoordbespreking van materiaal. Spoor jongmense aan om geestelike doelwitte te stel en na te streef. Voer ’n onderhoud met een of twee gewone pioniers of jongmense wat na ’n loopbaan in die voltydse diens streef. Laat hulle vertel waarom hulle verkies het om geestelike doelwitte pleks van ’n loopbaan in hierdie wêreld na te streef.

15min: Vind baat by getroue herders. Ouere man hou aansporende toespraak oor herdersbesoeke. Beklemtoon dat ouere manne daar is om geestelike aanmoediging te gee en hulp te verleen waar nodig. Kan verskeie punte uitlig uit artikel “Ouere manne, neem julle herdersverantwoordelikhede ernstig op”, in Die Wagtoring van 15 November 1985.

Lied 184 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 15 FEBRUARIE

Lied 211

9 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Vraebus. Verduidelik hoe Ons Koninkryksbediening plaaslik uitgedeel word. Vra gehoor om volgende week hulle persoonlike aantekeninge van kringbyeenkoms-program saam te bring vir hersiening.

16 min: “Hoe om vir ’n tuisbybelstudie voor te berei en dit te hou.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Hierdie informasie oor Bybelstudies is ter aanvulling van die materiaal wat in Ons Koninkryksbediening vir Desember 1986 verskyn het. Meld kortliks die titel van die vorige artikel.

20 min: “Hulppionierdiens—Het jy dit al probeer?” en “Gewone pionierdiens—’n uitnodiging om groter geluk te smaak.” Bespreking van twee artikels in byvoegsel. Meld hoeveel hulp- en gewone pioniers daar in Maart sal wees en toon hoe dit met verlede Maart vergelyk. Hou aansoekvormsbyderhand vir die wat nou as hulppioniers wil inskryf.

Lied 162 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 22 FEBRUARIE

Lied 72

5 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Moedig ook ondersteuning van velddiens met die lektuuraanbod op eerste Sondag van Maart aan.

15 min: “Bied die goeie nuus aan —Deur herbesoeke te doen.” Vrae en antwoorde. Hou tydens bespreking van paragrawe 3-5 ’n goed voorbereide demonstrasie wat tot ’n studie in “Kyk”-brosjure lei. Voer ’n onderhoud met ’n verkondiger wat besonder goed met herbesoeke vaar, indien tyd toelaat. Dek praktiese wenke wat nuwe, minder ervare verkondigers sal help.

10 min: Waardeer ons kringbyeenkomste. Gehoordeelname. Hersien die glanspunte van die program wat die tema “Liefde vir die wêreldwye broederskap” ontwikkel het. Vrae soos die volgende kan benadruk word: Op watter maniere kan ons liefde vir die broederskap getoon word? Hoe kan nuwelinge gehelp word om ’n deel van die wêreldwye broederskap te word? Watter raad het jongmense en volwassenes gekry oor hoe om regte besluite te neem? Hoe kan ons in ons liefde verruim word terwyl ons die toekoms tegemoetgaan? Help almal om persoonlike, praktiese toepassing te maak.

15 min: Toespraak met tema “Hou jy ’n doeltreffende gesinstudie?” deur ouere man wat ’n gesinshoof is. Hersien glanspunte van studieartikels in Die Wagtoring van 1 November 1986. Maak plaaslike toepassing.

Lied 210 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel