Hou aan om vir die wat wil luister te sê: “Kom!”
1 Jesus het beklemtoon hoe nodig dit is dat mense aandagtig na die boodskap van die waarheid luister (Matt. 11:15; 13:9, 43). Hy het geweet dat dit belangrik was dat hulle sy lering verstaan, want hy het kennis oorgedra wat die ewige lewe vir waarderende luisteraars kan beteken.—Joh. 17:3.
2 Sulke lewegewende kennis is ’n belangrike deel van “die water van die lewe” wat nou beskikbaar gestel word vir diegene wat daarna dors (Openb. 22:17). Soos Johannes se woorde toon, is dit nie die private eiendom van ’n begunstigde minderheid nie, en dit word ook nie verkoop aan die met geld of onthou van die daarsonder nie. Almal wat nou na geregtigheid dors, moet aangespoor word om van Jehovah se milde, vrye gawe gebruik te maak (Jes. 55:1). Is jy onder die miljoene in ons dag wat vir die wat wil luister, sê: “Kom!”?
HOE JY KAN SÊ: “KOM!”
3 Mei is die tweede maand van ons Wagtoring-intekeningkampanje. Watter beter werktuig kan daar wees om die aandag op Jehovah se wonderlike voorsiening vir lewe te vestig? Die Wagtoring kan baie mense help om van godsdiensbygelowe en valse leerstellings bevry te word omdat dit spesiale klem lê op die blootlegging van die bose sette van Babilon die Grote. Watter geleenthede vind jy om die Wagtoring-intekening aan te bied?
4 ’n Goeie manier om die intekening aan te bied, is van huis tot huis. Maar daar is ook heelparty ander maniere, soos wanneer jy herbesoeke doen of die jongste nommers by mense op jou tydskrifroete aflewer. Party verkondigers slaag daarin om intekeninge by belangstellendes wat hulle gedurende straatwerk ontmoet te kry. Ons kan party wat reeds ’n intekening het, aanspoor om geskenkintekeninge aan vriende of familielede te stuur. Jy kan ook ’n paar geskenkintekeninge stuur. Intekeninge kan ook vir sakekennisse, medewerkers, of klasmaats aangebied word. Jy kan dalk aan ander moontlikhede dink.
HOU AAN SÊ: “KOM!”
5 Hou aan om die wat gedurende April ingeteken het te help. Sorg dat jy hulle gou weer besoek. Maak seker dat hulle die tydskrifte ontvang. Gedurende sulke besoeke kan jy hulle aandag op ’n spesifieke artikel vestig en hulle aanspoor om dit te lees. Jy kan selfs Bybelstudies met hulle begin en voorstel dat hulle gemeentevergaderinge saam met jou bywoon.As jy opregte belangstelling in hulle toon, kan hulle gunstig reageer en beweeg word om geestelike vordering te maak.
6 Die Gedenkmaalbywoningsyfer vir Suid-Afrika toon dat bykans 70 000 mense wat nog nie verkondigers van die goeie nuus is nie hierdie allerbelangrikste geleentheid bywoon. Weet jy wie hierdie belangstellendes in jou gemeente is? Is hulle intekenaars op Die Wagtoring? Wat word gedoen om hulle te help om geestelik te groei?
7 Die uitnodiging om te “Kom!” word aan mense van al die nasies gerig. Jehovah het deur sy Seun Jesus genadig die gawe van lewe beskikbaar gestel aan almal wat reageer op die uitnodiging om te “Kom!” en “die water van die lewe [te] neem, verniet”. Sal jy ’n volle aandeel daaraan hê om gedurende Mei die uitnodiging aan ander te rig?