Sing uit die hart
1 Sang is deel van ons ware aanbidding. Dit is een manier waarop ons Jehovah se naam kan prys. Wat klink mooier as wanneer pragtige liedere wat Jehovah loof ’n Koninkryksaal of byeenkomsstadion vul? In baie gemeentes is ons sang egter taamlik swak. ’n Belangstellende wat baie beïndruk is deur die waarheid, die organisasie en die gees van Jehovah se volk, was vol lof vir die organisasie, maar het bygevoeg: “Julle sing baie swak.”
2 Dink julle nie ons kan verbeter aangesien ons sulke pragtige liedere in ons nuwe liedereboek het nie? Dink aan ons Swart broers wat so goed sing en harmoniseer. Tog moet ons almal voortdurend die kwaliteit van ons sang verbeter. Baie van ons broers ken nie die nuwe liedere nie. Wat kan ons hieromtrent doen? Kan julle gemeente gereelde sangsessies na die Wagtoring-studie reël, sodat die broers hierdie nuwe liedere kan leer? Party kan dit selfs tuis of by Christelike gesellighede oefen.
3 Hoe kan ons seker maak dat ons presies net soos al ons ander broers in die wêreld sing? Indien daar broers of susters in die gemeente is wat ’n goeie kennis van musiek het, kan hulle gerus vertroud raak met die Genootskap se liedere en ander tydens die oefensessies help om die liedere reg te sing. Skaf die kassette of plate met die liedere aan. Sing Praises to Jehovah is beskikbaar in ’n album met agt kassette, wat R54,00 kos, of op plate, wat R48,00 kos. Gemeentes sal dalk ’n vyfalbumstel met 113 kassette teen R250,00 kan bekostig.
4 As ons die plate of kassette gebruik (en hier verwys ons nie na die Kingdom Melodies-kassette nie maar na Sing Praises to Jehovah, wat klaviermusiek van die liedere is), kan gemeentes en individue die korrekte melodie en die korrekte maat (tyd) van die liedere leer. Ons moet onthou dat die meeste van ons liedere op die kassette nie die ander stemme (alt, tenoor en bas) insluit nie, maar hoofsaaklik die wysie speel. Diegene wat ander stemme sing, moet op die note in die liedereboek let terwyl hulle saam met die wysie op die plaat of kassetband sing. Wanneer ons ’n streekbyeenkoms of enige ander spesiale geleentheid bywoon, moet ons almal met die musiek kan sing wat deur die Genootskap voorsien word.
5 By toekomstige streekbyeenkomste gaan ons nie spesiale kore of liedere op band voorsien om die sang aan te help nie. Ons gaan dieselfde musiekkassette as ons broers rondom die wêreld gebruik. Die liedere vir streekbyeenkomste sal vroegtydig aangekondig word, en dit sal aan elke gemeente oorgelaat word om hierdie liedere goed te leer sodat ons die stadions sal laat weergalm met liedere wat Jehovah loof.
6 Dit is ’n saak wat alle ouere manne, gesinshoofde en elkeen in die gemeente ernstig moet opneem, aangesien sang ’n deel van ons aanbidding van Jehovah is. Ons wil Jehovah se hart verbly deur die manier waarop ons sing.—Ps. 147:1.