Bied die goeie nuus aan—Deur intekeninge met vrymoedigheid aan te bied
1 Die Wagtoring is ongetwyfeld die beste tydskrif op aarde vir Bybelstudie! Is jy oortuig daarvan? Indien wel, moet elkeen dan nie die geleentheid gegee word om daarop in te teken nie?
2 Hoe het jy persoonlik baat gevind deur Die Wagtoring te lees? Elkeen van ons kan waarskynlik maniere opnoem waarop die tydskrif ons gehelp het. Sommige sal sê dat dit die vernaamste manier is waarop ons gewaarsku is aangaande die betekenis van die tye waarin ons lewe. Of dat dit ons in staat gestel het om te besef wat “die tekens van die tye” werklik beteken, tekens wat vandag vir die mensdom duister is (Matt. 16:3). Ander sal sê hulle is bemoedig deur die goeie nuus dat God se Koninkryk binnekort diegene gaan vernietig wat hulle naaste verdruk. Die Wagtoring maak daardie gedagte al sedert sy begin, meer as 110 jaar gelede, bekend. Ons almal sal ongetwyfeld sê dat hierdie merkwaardige Bybeltydskrif ons gehelp het om geloof te bou in die losprysvoorsiening wat onvolmaakte mense die geleentheid bied om die ewige lewe te verkry. Ander moet ook hierdie waarhede leer.
BEHOU ’N POSITIEWE BESKOUING
3 Die Wagtoring beklemtoon God se wysheid en nie menseredenasies nie (Jes. 55:8, 9). Elkeen wat vandag leef, het sulke wysheid dringend nodig. Dit kan mense se lewe verbeter en hulle help om die regte beweegredes te ontwikkel. Dit is noodsaaklik om te kan “bly lewe” (Spr. 9:1-6, NW). As dit ons oortuiging is, sal ons die intekening met ’n positiewe gesindheid aanbied omdat ons besef dat ons iets het wat ander nodig het. Bestudeer elke nommer aandagtig om gedagtes te vind wat jy dink die huisbewoner sal help. Sulke voorbereiding sal jou help om ’n positiewe gees te openbaar wanneer jy hierdie tydskrifte in die bediening aanbied.
4 Party is geneig om negatief te wees oor die intekeningaanbod. Hulle betrek dalk die huisbewoner by ’n gesprek, bespreek selfs die ‘Onderwerp vir gesprekke’ en bied dan twee tydskrifte teen ’n bydrae van Rl,20 aan pleks van die intekening aan te bied. Waarom? Die prys? Indien wel, is dit nie ’n praktiese redenasie nie. Hoewel die koste van die intekening minimaal is wanneer dit met wêreldse publikasies vergelyk word, is dit van onskatbare waarde vir die leser. Wees dus positief en bied die intekening op Die Wagtoring teen net R12,00 aan, of bied dit saam met sy medetydskrif Ontwaak! teen slegs R24,00 aan.
5 Een suster was vasbeslote om intekeninge te verkry en het haar dit dus ten doel gestel om 50 intekeninge gedurende ’n periode van twee maande te verkry. Sy het 31 intekeninge die eerste maand en altesaam 50 gedurende die twee maande verkry. Sy het gesê dat, waar party nie geld gehad het nie maar die intekening wou hê, sy drie of vier keer teruggegaan het voordat die huisbewoner genoeg geld gehad het. (yb89, bl. 60-1; sien ook die 1990 Yearbook, bladsye 47-9.) In Japan, waar ’n jaarintekening ongeveer R35,00 kos, het die broers in Oktober meer as 71 600 intekeninge verkry, ’n nuwe hoogtepunt en ’n vermeerdering van 57 persent vergeleke met dieselfde maand die vorige jaar.
GAAN MET VRYMOEDIGHEID VOORT
6 Ons het alle rede om vrymoedig in ons bediening te wees—ons het Jehovah se steun (Hand. 14:3). Die Wagtoring is een van die vernaamste instrumente wat Jehovah vandag gebruik om die goeie nuus te versprei. As ons intekeninge verkry en die mense dan aanmoedig om die tydskrifte te lees, kan ons inspanning daartoe lei dat menselewens gered word. Laat ons die intekeninge dus met entoesiasme en vrymoedigheid aanbied vir almal wat ons ken en vir diegene wat ons in die veldbediening ontmoet.