Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/91 bl. 3
  • Dien waar daar meer hulp nodig is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dien waar daar meer hulp nodig is
  • Ons Koninkryksbediening—1991
Ons Koninkryksbediening—1991
km 3/91 bl. 3

Dien waar daar meer hulp nodig is

1 By ons “Suiwer Taal”-Streekbyeenkoms is ons aangespoor om alles in ons vermoë te doen om meer mense te help om daadwerklik met God se organisasie om te gaan. Kan ons, in navolging van Paulus, ons inspan om na gebiede te gaan wat nie gedek word nie? Dink gerus daaraan om te dien in gebiede waar daar meer Koninkryksverkondigers nodig is. Ons moet almal probeer om die goeie nuus in ’n groter gebied te verkondig.—Rom. 15:20, 21.

2 Ons verskaf met genoeë ’n lys van plekke waar daar meer hulp nodig is. Ons versoek jou om jou situasie biddend te oorweeg en om te kyk of jy jou nie beskikbaar kan stel om in een van die volgende plekke te dien nie:

UMTATA-SENTRAAL, Transkei: Engelssprekende gemeente met 30 verkondigers, een bedieningskneg en een gewone pionier. Hulle het afgetrede egpare, waarvan die man ’n ouere man of bedieningskneg is, dringend nodig.

WORCESTER: Albei gemeentes in Worcester het dringend meer ouere manne nodig. Esselenpark is oorwegend Afrikaanssprekend, met 53 verkondigers, een ouere man en een bedieningskneg. Die sentrale gemeente het 69 verkondigers, met een ouere man en een bedieningskneg.

MMABATHO, Mafikeng: Engelssprekende gemeente met 32 verkondigers, 3 ouere manne en een bedieningskneg. Hulle het sterk gesinne en pioniers nodig.

SOMERSET-OOS: Groepie van 17 verkondigers met geen broer om die leiding te neem nie. Hulle het die diens van ’n ouere man of bekwame bedieningskneg dringend nodig, verkieslik ’n gesinsman. Daar is genoeg gebied vir ’n aantal pioniers.

KIMBERLEY: Die sentrale gemeente het 46 verkondigers, met 3 ouere manne en 4 bedieningsknegte. Hulle het meer ouere manne met sterk gesinne nodig. Hulle het ook meer pioniers nodig. Die Florianville-gemeente het ook ’n groot gebied. Hulle het 32 verkondigers, 3 ouere manne en 2 bedieningsknegte en sal die bykomende hulp van ervare ouere manne en bedieningsknegte waardeer.

LYDENBURG: Klein gemeente met 15 verkondigers en slegs 2 bedieningsknegte. Hulle het grond gekry om hulle eie Koninkryksaal te bou. Hulle het meer ouere manne en bedieningsknegte wat gesinsmanne is, nodig.

UPINGTON: Hierdie gemeente dek ’n groot gebied langs die Oranjerivier. Daar is 44 verkondigers, 4 ouere manne en een bedieningskneg. Daar is twee egpare in spesiale pionierdiens en een egpaar in gewone pionierdiens wat saam met hierdie gemeente werk. Ouere manne of bedieningsknegte wat sterk gesinne het, word aangespoor om na Upington te trek. Daar is ook genoeg gebied vir nog baie pioniers.

GREYTOWN: Klein gemeente van 18 verkondigers met een ouere man en een bedieningskneg. Hulle het meer ouere manne en bedieningsknegte nodig. Die gebied is groot genoeg vir ’n aantal pioniers.

3 As jy na een van die voorgenoemde plekke kan trek, versoek ons jou om met julle ouere manne te praat. Daarna kan jy aan die Genootskap skryf en die dienskomitee vra om jou brief te teken. (Sien asseblief Ons bediening-boek, bladsye 112 en 113.) Ons hoop dat daar nog baie sal wees wat aan die oproep gehoor sal gee om te dien waar daar meer hulp nodig is.—Hand. 16:9, 10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel