Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/91 bl. 3-4
  • Loof Jehovah met liedere

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Loof Jehovah met liedere
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Sing lofliedere tot Jehovah
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Die waarde van sang in ware aanbidding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Sing met vreugde!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Musiek se plek in hedendaagse aanbidding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 3/91 bl. 3-4

Loof Jehovah met liedere

1 Maak asseblief jou liedereboek by die laaste skutblad oop. Wat sien jy? ’n Levitiese koor by Jehovah se heilige tempel, en hulle sing entoesiasties met hulle monde wawyd oop. Sang was ’n belangrike kenmerk van ware aanbidding by Jehovah se tempel. Gedurende koning Dawid se tyd was meer as 10 persent van dié wat by die tempel gedien het, aangewys om Jehovah met liedere te loof. En van daardie getal was 288 opgeleide sangers, “almal meesters”. Jy kan seker wees dat hulle hul sang as iets ernstigs beskou het.—1 Kron. 23:3, 5; 25:7.

2 In Christelike tye het Jesus en sy apostels ’n lied aan die einde van die Here se Aandmaal gesing (Mark. 14:26). En die apostel Paulus sê herhaaldelik vir ons om lofliedere tot ons God te sing. In Kolossense 3:16 het hy geskryf: “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.”—Sien ook Efesiërs 5:19, 20.

3 As ons Koninkryksliedere sing, is dit een manier waarop ons Jehovah loof. In Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1990 is ons aangespoor om ons sang te verbeter. Verslae toon dat ’n aantal gemeentes gehoor gegee het aan die voorstel om ’n sangsessie ná die Wagtoring-studie te hê. Dit het tot beter sang by party streekbyeenkomste gelei. Maar julle sal saamstem dat dit nog baie kan verbeter. Wat kan ons nog doen om ons sang te verbeter?

4 Ons stel voor dat alle gemeentes ’n oefensessie ná die Wagtoring-studie reël. Diegene wat moet gaan, kan verskoon word en die ander kan een of twee liedere saam sing. ’n Bekwame ouere man of bedieningskneg moet hierdie sangsessie lei. As hierdie oefensessie onmiddellik ná die Wagtoring-studie begin word, sal dit elke week slegs ’n paar minute van ons tyd in beslag neem. Hierdie reëling kan aanhou totdat almal met die liedere vertroud is.

5 Gemeentes wat sonder enige begeleiding sing, word aangespoor om die Genootskap se plate of kassette te gebruik. Dit sal ons almal in staat stel om vertroud te raak met ons liedere se regte tempo en wysie. As dit vir julle moeilik is om saam met die kassette of plate te sing, moet julle aanhou oefen totdat julle dit regkry. Op dié manier sal ons almal in harmonie met ons broers in alle wêrelddele sing. Ouere manne word aangespoor om hierdie reëling ten volle te ondersteun.

6 Wanneer ons van ganser harte sing, loof ons Jehovah. Hy luister na liedere wat tot hom gerig word, net soos hy na ons gebede luister. Wanneer ons uit volle bors sing, kan dit ander ook gelukkig maak, en ons vind daarby baat.

7 Dink na oor die pragtige woorde van ons liedere. Dit is inderdaad ’n hulpmiddel om ‘mekaar te leer en te vermaan’. Watter puik raad bevat ons liedere tog nie! As ons daardie raad ernstig beskou, kan dit ons help om die vrug van die gees aan te kweek en ons beskerm teen die insypeling van vleeslike, wêreldse invloed. As ons ‘in ons hart sing’, spoor dit ons aan om Jehovah vrymoedig en opgewek te dien.

8 Om die sangoefening by die vergaderinge goed te begin, kan die voorsitter die tema, of titel, van die lied aankondig en nie net die nommer nie. Hy kan soms let op die skriftuurlike grondslag van die lied en kortliks kommentaar lewer oor hoe dit by die informasie pas wat aangebied word.

9 Die Skrif herinner ons herhaaldelik aan die verantwoordelikheid om ons liefdevolle Vader met liedere te loof. Laat ons dit heelhartig doen. Sodoende kan ons ’n bemoedigende getuienis gee aan die vreemdeling wat in ons midde is. Ja, laat ons, soos Dawid van die ou tyd, melodieë voor Jehovah sing.—Ps. 108:1-3, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel