Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/91 bl. 1-4
  • Toon persoonlike belangstelling in ander

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon persoonlike belangstelling in ander
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GESIN EN VRIENDE
  • SKAAPGEAARDES IN DIE VELD
  • Belangstelling in die ander persoon getoon
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Toon persoonlike belangstelling in ander
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Besef jy hoe belangrik dit is om ander op te lei?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur spoedig terug te gaan na belangstellendes
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 6/91 bl. 1-4

Toon persoonlike belangstelling in ander

1 Daar is oorvloedige bewys dat Jehovah in ander belangstel. Het hy nie ruimhartig in die materiële behoeftes van sy skepping voorsien nie? (Gen. 1:29, 30; 2:16, 17; Matt. 5:45; vergelyk Lukas 6:35.) Nog belangriker, het hy nie persoonlike belangstelling in ons getoon deur voorsiening te maak vir ons verlossing uit sonde en die dood nie?—Joh. 3:16.

2 Toe Jesus op die aarde was, het hy sy Vader se volmaakte voorbeeld nagevolg deur persoonlike belangstelling in ander te toon (Matt. 11:28-30; 1 Pet. 2:21). Toe ’n melaatse man vir Jesus gesê het: “Here, as U wil, kan U my reinig”, het Jesus geantwoord: “Ek wil”, en die man gesond gemaak (Matt. 8:2, 3). Op pad na die stad Nain het Jesus ’n begrafnisstoet teëgekom wat ’n jong man dra, die enigste seun van ’n weduweemoeder, en Jesus het innig jammer vir haar gevoel en die seun opgewek (Luk. 7:11-15). Jesus het, sonder dat hy gevra is, persoonlike belangstelling in ander getoon. Hy het selfs tyd en aandag aan kindertjies bestee en hy was nooit te besig om ander te vertroos en te bemoedig nie.—Matt. 20:31-34; Mark. 10:13-16.

GESIN EN VRIENDE

3 Ons moet probeer om soos Jehovah en Jesus Christus te wees en na maniere soek om persoonlike belangstelling in ander te toon. Kom ons beskou dus ’n paar geleenthede wanneer ons dit kan doen.

4 Een van die grootste behoeftes is dat broers opregte persoonlike belangstelling in hulle eie gesinslede toon en nie hulle gesin se geestelikheid verwaarloos nie. Dit sluit in dat hulle ’n gereelde gesinsbybelstudie hou. Bespreek julle materiaal op so ’n wyse gedurende julle gesinstudie dat dit interessant en prakties is? Bou julle ook daarop voort deur gereeld saam met elke lid van julle huisgesin in die velddiens te werk? Is dit ’n aangename tyd wanneer julle dit doen? Bou julle in julle kinders die begeerte om ander mense te help en sodoende Christelike naasteliefde te toon? Hou julle, indien julle getroud is en daar nie kinders in die huis is nie, nietemin ’n gesinstudie?

5 Ons wil almal wat ons kan geestelik help. Maar vergeet ons om in ons besige lewe persoonlike belangstelling te toon in gemeentelede wat spesiale behoeftes het? (Spr. 3:27; Gal. 6:10). In die Christengemeente is daar vaderlose seuns, bejaardes, weduwees, siekes, terneergedruktes, gestremdes en ander wat spesiale behoeftes het. Ons moet in navolging van Jehovah en sy Seun, Jesus Christus, nie nalaat om persoonlike belangstelling in al ons broers en susters te toon nie.—1 Kor. 10:24; Filip. 2:4; Hebr. 13:16.

SKAAPGEAARDES IN DIE VELD

6 Hoe kan ons persoonlike belangstelling toon in mense wat ’n tuisbybelstudie het? Baie van hulle het besef dat dit nodig is om hulle omgang met wêreldse metgeselle te staak. Toon ons, al is ons besig, persoonlike belangstelling in sulke studente en laat ons diegene wat veranderinge in hulle lewe aangebring het welkom voel as ons nuwe vriende? Is ons ’n bron van bemoediging vir hulle al is dit nie ons wat met hulle studeer nie?—Vergelyk Markus 10:28-30.

7 Kan jy ’n groter aandeel daaraan hê om persoonlike belangstelling in mense te toon wat bereid is om na die goeie nuus te luister? Sal jy hulle probeer help om hulle geestelike behoeftes te vervul? Wat kan jy persoonlik doen om ’n groter aandeel aan die veldbediening te hê? Moenie aarsel as jy nou in ’n posisie is om ’n groter aandeel aan die werk te hê nie.—Luk. 9:60-62.

8 Ons moet Jehovah en Jesus navolg deur persoonlike belangstelling in ander te toon. Ons moet medelydend wees en ander help, soos Jesus gedoen het in die geval van die melaatse man. Ja, ons moet altyd op die uitkyk wees na maniere waarop ons persoonlike belangstelling in ander kan toon.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel