Lied 130
Vreugdevolle diens
1. Laat ons ons verlustig in die diens van God.
Dien met ons talente en hou sy gebod.
Al is dit ook hoe gering,ons sal bewys
Dat ons harte,vol van lief de,Hom wil prys.
2. Werk is daar in God se diens vir baie meer;
Laat geen mens of duiwel ons nou daarvan keer.
Heilig is die opdrag wat Jehovah gee;
Seëninge bring dit vir sy knegte mee.
3. Al wil spotters Bybelwaarheid nie aanvaar,
Weet ons elke woord van God is altyd waar.
Kom ons preek die Woord met on ver moeide vlyt,
Want dit is betroubaar tot in ewigheid.
4. In sy soete diens sal ons met vreugde staan.
Bied net waar jy kom getrou die waarheid aan.
Aan Je ho vah,wat ons hier benede seën,
Gaan ons lof en dank—Ons dien geen ander een.