Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gt hfst. 18
  • Johannes word minder, Jesus word meer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Johannes word minder, Jesus word meer
  • Die grootste mens wat nog geleef het
  • Soortgelyke materiaal
  • Johannes word minder, Jesus word meer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Jesus word meer, Johannes word minder
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Het Johannes nie genoeg geloof gehad nie?
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Het Johannes se geloof verswak?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die grootste mens wat nog geleef het
gt hfst. 18

Hoofstuk 18

Johannes word minder, Jesus word meer

NÁ DIE Pasga in die lente van 30 G.J. verlaat Jesus en sy dissipels Jerusalem. Hulle keer egter nie terug na hulle huise in Galilea nie, maar gaan na Judea, waar hulle mense doop. Johannes die Doper doen al ongeveer ’n jaar lank dieselfde werk, en hy het nog steeds dissipels by hom.

Eintlik doop Jesus nie self mense nie, maar sy dissipels doen die doopwerk onder sy leiding. Hulle doop het dieselfde betekenis as dié van Johannes, want dit is ’n simbool van ’n Jood se berou oor sy sondes teen God se Wetsverbond. Maar ná sy opstanding beveel Jesus sy dissipels om mense om ’n ander rede te doop. Die Christelike doop is vandag ’n simbool van ’n mens se toewyding aan Jehovah God om hom te dien.

Op hierdie vroeë tydstip in Jesus se bediening is hy en Johannes, hoewel hulle afsonderlik werk, egter albei besig om berouvolle persone te onderrig en te doop. Maar Johannes se dissipels raak jaloers en gaan kla by hom oor Jesus: “Rabbi, . . . kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.”

Johannes is nie jaloers nie, maar verbly hom in Jesus se sukses en wil hê dat sy dissipels ook bly moet wees. Hy herinner hulle: “Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is.” Dan gebruik hy ’n pragtige illustrasie: “Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.”

Johannes, as die vriend van die Bruidegom, was sowat ses maande tevore bly toe hy sy dissipels aan Jesus voorgestel het. Sekeres onder hulle het toekomstige lede van Christus se hemelse bruid van geesgesalfde Christene geword. Johannes wil hê dat ook sy huidige dissipels Jesus moet volg, omdat dit sy doel is om die weg te berei vir Christus se suksesvolle bediening. Soos Johannes die Doper verduidelik: “Hy moet meer word maar ek minder.”

Jesus se nuwe dissipel Johannes, wat vroeër ook ’n dissipel van Johannes die Doper was, skryf die volgende oor Jesus se oorsprong en Sy belangrike rol in die redding van mense: “Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. . . . Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.”

Johannes die Doper word kort ná hy die afname van sy eie bedrywighede bespreek het deur koning Herodes gevange geneem. Herodes het Herodias, die vrou van sy broer Filippus, tot vrou geneem, en toe Johannes sy dade in die openbaar veroordeel, laat Herodes hom in die tronk stop. Toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis is, verlaat hy en sy dissipels Judea en gaan hulle na Galilea. Johannes 3:22–4:3; Handelinge 19:4; Mattheüs 28:19; 2 Korinthiërs 11:2; Markus 1:14; 6:17-20.

▪ Wat is die betekenis van die doop wat voor Jesus se opstanding onder sy leiding uitgevoer is? En ná sy opstanding?

▪ Hoe toon Johannes dat sy dissipels se klagte ongegrond is?

▪ Waarom word Johannes in die tronk gestop?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel