Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/92 bl. 11
  • Vergroot jou deelname aan die tydskrifverspreiding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergroot jou deelname aan die tydskrifverspreiding
  • Ons Koninkryksbediening—1992
Ons Koninkryksbediening—1992
km 10/92 bl. 11

Vergroot jou deelname aan die tydskrifverspreiding

1 Tydskrifverspreiding is een van die vernaamste maniere waarop die Koninkryksboodskap verkondig word. In onlangse tye het die tydskrifverspreiding in die meeste gemeentes afgeneem. Gedurende Junie 1992 is daar in Suid-Afrika gemiddeld 3,8 tydskrifte per verkondiger versprei, teenoor 5,2 verlede jaar. Hoe kan hierdie neiging reggestel word? Stel gerus die volgende twee wenke op die proef.

2 Wees tydskrifbewus: Hoewel die verslegtende ekonomiese klimaat die tydskrifverspreiding dalk in ’n mate beïnvloed het, meen ons dat die hoofrede vir die afname ’n gebrek aan ondersteuning van die reëlings vir tydskrifwerk is. Die meeste van ons het elke Saterdag, hetsy die oggend of die middag, ’n goeie geleentheid om tydskrifte te versprei. Baie gemeentes het ’n reëling vir tydskrifverspreiding gedurende die week om die verkondigers te help wat nie Saterdae velddiens kan doen nie. Sommige vind moontlik dat aandgetuieniswerk uitstekende geleenthede bied om tydskrifte van huis tot huis aan te bied. Straatwerk, getuieniswerk in die sakegebied, informele getuieniswerk en tydskrifroetes is almal doeltreffende maniere waarop ons tydskrifte kan versprei. In die gewone huis-tot-huis-werk kan die jongste tydskrifte aangebied word wanneer die huidige aanbod vir die maand van die hand gewys word. As ons wakker is om dit te doen, sal dit ons vreugde verskaf.

3 Stel ’n persoonlike doelwit: Jy kan daarna strewe om gemiddeld een tydskrif uit te gee vir elke uur wat jy gedurende die maand aan die bediening bestee. Jou persoonlike doelwit moet redelik wees en jou omstandighede en die tyd wat jy aan die velddiens kan bestee in aanmerking neem.

4 Deur middel van sy sigbare organisasie voorsien Jehovah voortdurend wat ons nodig het om ’n groter deelname aan die tydskrifverspreiding te kan hê. Aangesien sulke bedrywighede Jehovah verheerlik, sal ons die diep, innerlike vreugde ervaar wat uit ’n groter deelname aan die tydskrifverspreiding voortspruit.—Joh. 15:8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel