Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/92 bl. 11
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Leer jou kinders om Jehovah te loof
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Ouers—Lei julle kinders in die velddiens op
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Help nuwelinge om vooruitgang te maak
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 10/92 bl. 11

Vraebus

◼In watter mate mag jong kinders van Christenouers aan die veldbediening deelneem voordat hulle as ongedoopte verkondigers erken word?

Christenouers wil hê dat hulle kinders ryp, toegewyde knegte van Jehovah moet word (1 Sam. 2:18, 26; Luk. 2:40). Kinders wat in ’n Christenhuishouding grootword, moet selfs op ’n baie jong ouderdom hulle Bybelse geloof doeltreffend kan verdedig. Kinders se geestelike groei word bespoedig as hulle van kleins af saam met hulle ouers in die veldbediening uitgaan. Maar dit is belangrik dat die kinders uit die hart beweeg word as hulle die velddiens wil geniet, ongedoopte verkondigers wil word en wil voortgaan om aan die Koninkrykspredikingswerk deel te neem. Die ouers moet hulle goed oplei (1 Tim. 4:6; 2 Tim. 2:15). Ander bekwame verkondigers kan met tye help as die ouers dit goedkeur.—Sien Ons bediening-boek, bladsye 99-100.

Wanneer kinders wat hulle goed gedra saam met hulle Christenouers in die huis-tot-huis-werk uitgaan, leer hulle hoe om aan die bediening deel te neem. Maar hulle sal nie as ongedoopte verkondigers erken word voordat hulle self ’n mate van bekwaamheid ontwikkel het nie. Christenouers kan besluit in watter mate ’n kind by die deure kan getuig terwyl hulle saam werk. Kinders wat nog nie as ongedoopte verkondigers erken word nie, moet nie besoeke op hulle eie doen of saam met ander kinders in die velddiens uitgaan nie. Ouers kan hulle kinders vir die velddiens voorberei en hulle op verskeie maniere daaraan laat deelneem, soos om ’n teks te lees, ’n traktaat of ’n tydskrif aan te bied of vir die huisbewoner ’n prent in een van die publikasies te wys. Wanneer ’n kind ouer word, sal hy in groter mate aan die bespreking kan deelneem.

Met goeie opleiding leer jongmense om die erns van die bediening te waardeer terwyl hulle hulle ouers se leiding volg en hulle ordelik gedra. Ouers moenie hulle kinders wat nog nie as ongedoopte verkondigers erken word by die velddiensvergadering los en verwag dat ander na hulle sal omsien nie. Besorgde ouers besef dat hulle persoonlik die verantwoordelikheid dra om oor die bedrywighede van hulle kinders toesig te hou. Daar is natuurlik ander verantwoordelike verkondigers wat moontlik gewillig is om te help met die opleiding van jong kinders in die gemeente wat opreg daarin belangstel om Jehovah in die bediening te dien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel