Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/92 bl. 8
  • Lê die grondslag tydens jou eerste besoek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Lê die grondslag tydens jou eerste besoek
  • Ons Koninkryksbediening—1992
Ons Koninkryksbediening—1992
km 11/92 bl. 8

Lê die grondslag tydens jou eerste besoek

1 Dit is makliker om doeltreffende herbesoeke te doen as ons tydens die eerste besoek die regte grondslag lê. Die Redenering-boek kan ons daarmee help.

2 Die volgende aanbieding is gebaseer op die laaste inleiding op bladsy 10 van die Redenering-boek onder die opskrif “Bybel/God”.

Nadat jy vriendelik gegroet het, kan jy sê:

◼ “Ons vind dat al hoe meer mense vandag onseker is oor waar hulle praktiese oplossings vir toenemende alledaagse probleme kan vind. Vind jy dit ook? [Laat huisbewoner antwoord.] In die verlede het mense die Bybel om hulp geraadpleeg. Maar nou twyfel baie daaroor. Hoe voel jy omtrent die Bybel?” As die huisbewoner skepties is oor die egtheid van die Bybel kan jy die traktaat Waarom jy die Bybel kan vertrou uithaal en die tweede en derde paragrawe op bladsy 2 lees. As die huisbewoner saamstem dat die Bybel God se Woord is, kan jy die tekste in die tweede paragraaf op bladsy

van die traktaat naslaan en lees en hulle kortliks met die huisbewoner bespreek. Bied die aanbod vir die maand aan.

3 As daar baie in julle gebied is wat nie in God glo nie, kan jy probeer om die derde inleiding op bladsy 11 van die Redenering-boek aan te pas om hulle belangstelling te wek.

Jy kan sê:

◼ “Omdat daar vandag soveel onenigheid in die wêreld is, vind talle opregte mense dit moeilik om in God te glo. Of as hulle wel in hom glo, glo hulle nie dat hy die probleme waarmee ons te kampe het, kan oplos nie. Wat dink jy?” Laat die huisbewoner antwoord. Lees die inleiding tot die God se woord-boek op bladsy 5. Vra die huisbewoner se mening oor die laaste vraag: “Dink jy dat hierdie probleme ooit opgelos sal word?” Sit die bespreking voort deur gepaste gedeeltes uit die volgende vyf paragrawe in die eerste hoofstuk te lees. Bied die boek vir die huisbewoner aan en tref reëlings om terug te gaan sodat julle die bespreking kan voortsit.

4 Stel vrae uit die traktaat om die grondslag vir jou volgende besoek te lê: Neem jou voor dat jou eerste besoek maar net die eerste van ’n reeks vrugbare besoeke sal wees. Moenie dink dat jy baie besonderhede hoef te dek nie; jy moet ook nie so saaklik wees dat die huisbewoner voel jy stel nie opreg in hom belang nie. Nadat jy twee of drie paragrawe in die traktaat gelees het, kan jy ’n vraag stel wat tydens ’n volgende besoek bespreek kan word.

5 Jy kan byvoorbeeld die huisbewoner se aandag op die eerste paragraaf op bladsy 5 vestig en vra: “Dink jy die Bybel voorsien genoeg bewyse sodat ons vertroue kan hê in wat dit oor die toekoms sê?” Dit sal ’n gesprekspunt vir die herbesoek skep. Bied die New World Translation saam met die God se woord-boek aan. Wanneer jy teruggaan, kan jy dalk hoofstukke 9 en 10 in die God se woord-boek bespreek.

6 As ons elke huisbewoner as ’n moontlike dissipel beskou, sal ons ons slotgedagtes probeer gebruik om die grondslag vir ’n herbesoek te lê.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel