Lied 42
“Dit is die weg”
1. Jehovah se stem sê:Kom,loop op die weg,
Die weg wat Jehovah beskryf vir sy kneg.
Vandag het Jehovah ’n goeie kanaal
Waar deur hy ons waarsku in ons eie taal.
Dit is die weg deur God bepaal.
Die tyd is kort,moet dus nie draal!
Dis God se stem wat sêwat hy van ons wil hê.
Op daardie weg sal ons nooit faal.
Die gees van God help ons op daardie smal weg
Dat almal kan wandel in waarheid en reg.
2. Die stem sal ons waarsku teen alle gevaar.
Dis hoe ons groot Leraar sy wil openbaar.
Ons luister met aandag om insig te kry.
Ja,enige misstap wil ons nou ver my.
Ons volg die weg van helder lig.
Deur God se Woord laat ons ons rig.
Ons sien ’n grote skaar wat God se wil aanvaar.
Die Paradys is reeds in sig.
’n Woord sal verhoed dat ons links of regs draai.
As ons in die gees saai,sal ons lewe maai.
3. Jehovah se weëmoet ons bly verklaar
Aan almal wat gretig die waarheid aanvaar.
Die mense wat luister,word elke dag meer
En stroom na Jehovah,hul Toevlug,hul Heer.
Sy weg is goed,dit maak ons bly.
Jehovah God sal ons bevry.
In sy geregtigheid en goeder tierenheid
Sal God sy kneg na lewe lei.
Verlossing is naby,dus kyk ons na bo.
Die woord wat ons voorsê,is al wat ons glo.