Tydige herinnerings
1 Baie van ons sal gedurende Desember van ons tuisgemeente af weg wees. Die meeste van die broers sal die streekbyeenkoms bywoon, en party kombineer dalk hulle jaarlikse vakansie met die streekbyeenkoms. As ons aan die einde van Desember weg gaan wees, moet ons seker maak dat ons ons velddiensrapporte aan die gemeentelike sekretaris stuur. Dit moet vroegtydig gedoen word sodat dit ingesluit kan word by die gemeente se maandelikse rapport, wat die sekretaris saamstel en teen die sesde van die maand aan die Genootskap stuur. ’n Groot persentasie van die broers sal die internasionale byeenkomste van 30 Desember tot 2 Januarie bywoon. Dit kan dan vir die sekretaris baie moeilik wees om jou velddiensrapport betyds in die hande te kry. Ons stel voor dat jy jou velddiensrapport Sondag, 26 Desember, ingee. As jy ná daardie datum aan die bediening deelneem, kan jy dit by jou rapport vir Januarie 1994 tel.
2 Ons wil ook wakker wees vir geleenthede om informeel te getuig. Sulke geleenthede kan opduik wanneer ons reis, ons familie besoek of wanneer ons met ander gesels wat ons teëkom. Beskou ons geleenthede om ’n getuienis te gee soos Jesus dit beskou het? Hy het nie gehuiwer om informeel te getuig nie (Joh. 4:5-30). Net so het die apostel Paulus ‘die tyd uitgekoop’ en goeie resultate geniet (Ef. 5:16; Hand. 17:17; 28:30, 31; Kol. 4:5). Selfs wanneer ons die byeenkoms bywoon, kan ons ’n getuienis gee. Een manier om dit te doen, is om altyd jou lapelkaart te dra. Dit kan ’n geleentheid skep om ’n getuienis te gee. Jy sal ook vind dat daar elke dag geleenthede voor en ná die sessies is om te getuig. Wees goed voorberei met ’n paar tydige gesprekspunte en hou tydskrifte en traktate byderhand om belangstelling aan te wakker.
3 Deur hierdie wenke getrou toe te pas, sal ons ons tyd hierdie somer verstandig gebruik en ons “eerstelinge” aan Jehovah gee.—Spr. 3:9.