Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/95 bl. 1
  • Veel is gegee—Veel word geëis

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Veel is gegee—Veel word geëis
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe ons ons gewillig vir elke goeie werk kan aanbied
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Die boodskap wat ons moet verkondig
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
Ons Koninkryksbediening—1995
km 3/95 bl. 1

Veel is gegee—Veel word geëis

1 Hoe bevoorreg is ons tog om die waarheid te hê! Omdat ons ons aan Jehovah toegewy het, is ons “die goeie nuus toevertrou” (1 Tess. 2:4). Dit plaas groter verantwoordelikheid op ons. Jesus het gesê: “Van elkeen aan wie veel gegee is, sal veel geëis word.”—Luk. 12:48b.

2 Hoe waar is daardie woorde tog nie! Aangesien ons almal met kennis van God se Woord, ’n liefdevolle gemeenskap van broers en ’n wonderlike hoop geseën is, kan daar waarlik gesêword dat veel aan ons gegee is. Daar word redelikerwys baie terugverwag.

3 Behou die regte beskouing van vereistes: Party het tot die slotsom gekom dat daar te veel van ons verwag word. As Hoof van die Christengemeente bepaal Jesus Christus “wat nodig is” om dit behoorlik te laat funksioneer (Ef. 4:15, 16). Hy verseker ons ‘sy juk is sag en sy vrag is lig’ (Matt. 11:28-30). Hy maak liefdevol toegewings vir diegene wat beperkings het (Luk. 21:1-4). As ons ons bes doen, ongeag hoeveel dit is, sal ons geseën word.—Kol. 3:23,24.

4 Vra jou af: ‘Stel ek Koninkryksbelange eerste in my lewe? Gebruik ek my tyd en middele sodat dit tot verheerliking van God se naam en tot voordeel van ander strek? Vind ek dat ek die grootste genot eerder uit diens aan Jehovah put as uit die selfsugtige genieting van materiële dinge?’ Ons eerlike antwoorde op hierdie vrae openbaar die beweegredes in ons hart.—Luk. 6:45.

5 Moenie in die versoeking kom om verkeerd te doen nie: Daar was nog nooit tevore sulke versoekings en druk om eiebelang, hebsug en liefde vir sinsgenot na te jaag nie. Ons kom daagliks te staan voor sedelike uitdagings, voor versoekings om ons beginsels prys te gee. Om hierdie uitdagings met welslae die hoof te bied, moet ons Jehovah vra om ons te help (Matt. 26:41). Hy kan ons deur sy gees versterk (Jes. 40:29). Dit is ’n groot hulp om God se Woord daagliks te lees (Ps. 1:2,3). Selfdissipline en selfbeheersing speel ook ’n belangrike rol.—1 Kor. 9:27.

6 Dit is nie genoeg om die goeie lief te hê nie—ons moet ook die kwaad haat (Ps. 97:10). Dit beteken om nie ’n hunkering na verkeerde dinge te ontwikkel nie. Spreuke 6:16-19 noem sewe dinge op wat Jehovah haat. Iemand wat Jehovah wil behaag, moet natuurlik ook sulke dinge haat. Aangesien ons met ’n juiste kennis van die waarheid geseën is, behoort ons die begeerte te hê om in ooreenstemming met daardie kennis op te tree en moet ons ons verstande op goeie dinge gevestig hou.

7 Dit is gepas om te bid om gunstige omstandighede sodat ons ‘altyd volop kan hê om in die werk van die Here te doen’ (1 Kor. 15:58). Baie het gevind dat ’n vol program in Jehovah se diens ’n beskerming is, aangesien dit min tyd laat om waardelose dinge na te jaag.

8 Alles in ag geneem, is dit wat Jehovah van ons vereis baie redelik (Miga 6:8). Ons het alle rede om dankbaar te wees vir elke diensvoorreg (Ef. 5:20). Ons hou dus aan om ‘hard te werk en ons in te span’, vol vertroue dat ons beloning oneindig groter sal wees as enigiets wat van ons vereis word.—1 Tim. 4:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel