Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/95 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Maart

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Maart
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 6 Maart
  • Week wat begin met 13 Maart
  • Week wat begin met 20 Maart
  • Week wat begin met 27 Maart
Ons Koninkryksbediening—1995
km 3/95 bl. 2

Diensvergaderinge vir Maart

Week wat begin met 6 Maart

Lied 25

13 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek Vraebus.

15 min: “Veel is gegee—Veel word geëis.” Vrae en antwoorde. Spoor diegene aan wat aan die vereistes voldoen om dit te oorweeg om gedurende April hulppionierdiens te doen.

17 min: “Verkondig ‘die woorde van die profesie’.” Hersien die hoofpunte. Nooi gehoor om ondervindinge oor die gebruik of verspreiding van die Openbaring-boek te vertel. Spoor almal aan om positief te wees met die aanbieding van die boek, aangesien dit ingaan op huidige gebeure wat almal raak. Demonstreer een of twee aanbiedings.

Lied 31 en slotgebed.

Week wat begin met 13 Maart

Lied 24

10 min: Plaaslike aankondigings. Vestig die aandag deur ’n kort kommentaar op die venster: “’n Herinnering vir die sekretaris en die diensopsiener.” Rekeningverslag.

15 min: “Tydige Koninkryksnuus wat wêreldwyd versprei moet word.” Toespraak deur ’n ouer man. Beklemtoon die belangrikheid van die komende spesiale bedrywighede gedurende April en Mei. Spoor almal aan, nuwelinge inkluis, om reëlings te tref om ’n volle aandeel te hê.

20 min: “Betheldiens—Meer vrywilligers is nodig.” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 1-13.

Lied 36 en slotgebed.

Week wat begin met 20 Maart

Lied 40

15 min: Plaaslike aankondigings. Demonstreer gesin se gebruik van die 1995 Yearbook. Gesin spreek waardering uit vir die boek; die vader hersien kortliks hoofpunte van die inleiding op bladsye 3-11. Hulle bespreek hoe hulle gaan probeer om elke week ’n paar bladsye van die jaarboek saam te lees en sal sorg dat hulle elke dag die aangewese Bybelteks in Ondersoek die Skrif elke dag bespreek.

15 min: Plaaslike behoeftes. Of hou ’n toespraak oor die artikel “Betaal belasting as jy belasting verskuldig is” in Die Wagtoring van 15 November 1994, bladsye 26-8.

15 min: “Help ander om ‘die dinge wat geskrywe staan te onderhou’.” Hersien die hoofpunte en demonstreer dan een of twee herbesoeke.

Lied 52 en slotgebed.

Week wat begin met 27 Maart

Lied 205

5 min: Plaaslike aankondigings. Her-inner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Maart stiptelik te rapporteer. Boekstudiehouers moet in aanraking kom met al die verkondigers op die lys wat hulle van die sekretaris kry en hulle aanmoedig om alle laat rapporte in te gee.

12 min: “Die belangrikste gebeurtenis in die mensegeskiedenis.” Bespreek met gehoor. Hersien plaaslike reëlings vir die Gedenkmaal. Verduidelik waarom ons belangstellendes moet nooi en hulle moet help om dit by te woon.

18 min: “Betheldiens—Meer vrywilligers is nodig.” Dek paragrawe 14-18, en reël vir ’n demonstrasie waarin ’n vader met sy tienderjarige seun gesels oor die doelwit van Betheldiens en wat die seun kan doen om hom daarvoor voor te berei in ooreenstemming met die wenke wat gegee is. As daar persone in die gemeente is wat voorheen lede van die Bethelgesin was, of tans is, kan die vader een of twee van hierdie broers in die gesprek met sy seun betrek. Ná die demonstrasie moet paragrawe 19-23 met vrae en antwoorde bespreek word.

10 min: Bied die intekening op Die Wagtoring gedurende April aan. Hersien die volgende wenke om intekeninge van huis tot huis aan te bied: Glimlag vriendelik. Wees entoesiasties. Praat stadig. Bespreek net een artikel in een tydskrif. Gee die huisbewoner die tydskrifte. As die intekening van die hand gewys word, kan jy twee tydskrifte aanbied. Sê vir die huisbewoner dat jy met die volgende nommers sal terugkom. Sluit af met ’n positiewe gedagte as die tydskrifte van die hand gewys word. Skryf die name neer van almal wat belangstelling getoon het en by wie lektuur gelaat is. Demonstreer ten slotte een of twee kort aanbiedings van die jongste nommers van die tydskrifte.

Lied 176 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel