Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/95 bl. 4
  • Doen herbesoeke by almal wat brosjures geneemhet

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Doen herbesoeke by almal wat brosjures geneemhet
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Verkondig die goeie nuus van die koninkryk met brosjures
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Volg Jehovah na deur opreg vir ander om te gee
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Hoe om die brosjure Goeie nuus wat van God kom! te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Gebruik ’n verskeidenheid brosjures in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 7/95 bl. 4

Doen herbesoeke by almal wat brosjures geneemhet

1 Die apostel Paulus het die Filippense geprys omdat hulle ‘hulle denke ten behoewe van hom verlewendig het’ (Fil. 4:10). As ons hulle voorbeeld op die veldbediening toepas, sal ons ‘ons denke verlewendig’ ten behoewe van diegene vir wie ons getuig en sal ons beweeg word om herbesoeke te doen.

2 As jy die brosjure “Die regering wat die Paradys gaan bring” by iemand gelaat het, kan jy iets soos die volgendesê:

◼ “Ek het aan ons gesprek van nou die dag gedink, en twee tekste het by my opgekom wat ek graag vir jou wil wys. Jy onthou dalk dat ons gesels het oor die feit dat God die heerskappy oor die aarde gaan oorneem. In die Bybel het Jehovah God belowe dat dit gaan plaasvind. [Lees Daniël 2:44.] Glo jy dat dit werklik kan gebeur? [Laat die huisbewoner antwoord.] Luister na wat God sê omtrent sy vermoë om sy beloftes te vervul. [Lees Jesaja 55:11.] Behoort dit ons nie aan te spoor om op God se Koninkryk te vertrou nie? Maar wanneer sal God sy beloftes vervul?” Verduidelik dat jy daardie vraag met jou volgende besoek sal beantwoord.

3 Jy kan hierdie benadering gebruik wanneer jy ’n herbesoek doen by iemand wat die brosjure “Wanneer ’n geliefde sterf” geneem het:

◼ “Ek het spesiaal teruggekom na aanleiding van ons gesprek oor wanneer ’n mens iemand aan die dood afstaan.” Wys na die prent op bladsy 30 en sê: “Onthou jy hierdie gelukkige toneel van mense wat opgewek word en weer met hulle geliefdes verenig word? Ek het aan jou die vraag gestel waar dit sal plaasvind, in die hemel of op die aarde. Miskien het jy die Bybel se antwoord op bladsy 26 van hierdie brosjure gevind.” Bespreek die hoofgedagtes in paragrawe drie tot vyf, en lees Johannes 5:21, 28, 29. Na gelang van tyd kan jy enige van die ander tekste op die bladsy lees.

4 Het jy ’n studie in die brosjure “Kyk, Ek maak alles nuut” begin? Met die herbesoek kan jy die volgende doen:

◼ Verwys weer na bladsy 30 en wys na die vraag: “In watter opsigte is die Bybel uitsonderlik?” Blaai na bladsye 3 en 4 en hersien paragrawe 1-4 sowel as die prent op die buiteblad van die brosjure. Lees een of twee tekste wat in die voetnoot by paragraaf4 aangegee word. Verduidelik dat die Bybel die enigste boek is wat so ’n wonderlike hoop bied. Tref reëlings vir jou volgende besoek. As dit ná die derde herbesoek lyk of die studie sal voortgaan, kan jy ’n nuwe studie begin rapporteer!

5 Jy kan ’n bespreking oor “Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan” soos volg hervat:

◼ “Ek kon die vorige keer vir jou God se naam in die Bybel wys. Om Jehovah se naam te ken en te gebruik, is ’n baie belangrike deel van ons aanbidding.” Blaai na bladsy 31, hersien die hoofgedagtes in die laaste drie paragrawe en lees Johannes 17:3 en Miga 4:5. Verduidelik dat ons ’n Bybelstudieprogram voorsien wat kan toon hoe God se naam op ’n behoorlike manier geheilig gaan word en hoe ons die seëninge van ’n paradysaarde kan geniet.

6 Verlewendig dus jou denke ten behoewe van diegene met wie jy in aanraking gekom het. Hou aan om terug te gaan, en berei iets nuttigs voor om oor te dra. Jy kan een wees “wat werklik vrug dra” wat die maak van nuwe dissipels betref.—Matt. 13:23.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel