Lied 143
Kies kant vir Jehovah!
1. Eens het ons hart in verwarring verkeer,
Want Babilon het ons toe nog regeer.
Groot was ons vreugde toe ons egter leer
Dat God se Koninkryk heers (ja,ditheers).
(Refrein)
2. Nou is ons harte aan God toegewy.
Sy roem en waarheid wil ons dus versprei.
Saam met ons broers sal ons sy hart verbly
Deur van sy naam te getuig (te getuig).
(Refrein)
3. Ons is nie bang vir die Duiwel se mag,
Want God Jehovah hoed ons elke dag.
Al is ons min sal ons steeds op God wag,
Hy is ons sterkte en krag (en ons krag).
(Refrein)
Kies kant vir Jehovah.
Dien hom as jou God.
Ja,hy is betroubaar;
Hou net sy gebod.
Bring,bring nou die tyding
Van vryheid en rus.
Sêdat Jesus Christus
Reeds ons Koning is.